Kaapse boere dagvaar Didiza oor huurooreenkomste

Drie boere en grondhervormings-begunstigdes van Beaufort-Wes het regstappe ingestel teen die landbouminister, Thoko Didiza. Hulle wil Didiza verplig om ‘n huurooreenkoms te verskaf en ‘n duidelike wettige raamwerk vir grondherverdelingsprogramme in plek te stel. Die boere het die Wes-Kaapse Hooggeregshof genader nadat hulle drie jaar op hul huurooreenkomste gewag het. Landbougrond is in 2009 aan hulle toegeken deur die staat se herverdelingsprogram, maar hulle aansoeke vir huurkontrakte van 30 jaar moet nog toegestaan word.