Red Bull se Perez beloof opdraandstryd in Miami die naweek

Formule Een is die naweek in die VSA vir die Grand Prix in Miami . Ná vier wedrenne hierdie seisoen is dit steeds net Red Bull wat die kollig steel, met twee oorwinnings elk vir die spanmaats Sergio Perez en Max Verstappen. Die verdedigende kampioen, Verstappen, is boaan die punteleer, maar Perez beplan om die druk vol te hou terwyl hy veg vir sy eerste wêreldtitel: