Olie wipplank maar sal laer vertoon as gevolg van resessie-vrese meen ekonoom

‘n Suid-Afrikaanse ekonoom Chris Hart het gereageer op die daling in die Brent ru-olieprys na 74 Amerikaanse dollar ‘n vat, na die kommoditeit ‘n laagtepunt van 71 dollar Donderdag bereik het. Dit blyk asof olie eenvoudig nie uit die blokke wil kom nie oor voortslepende kommer oor resessies en die vraag na die kommoditeit. Die mark spring baie rond met voorspellings vir ‘n gemiddelde prys van 80 dollar ‘n vat vanjaar wat toe opgespring het na 100 dollar en nou blyk dit asof dit nie sal materialiseer nie. Intussen is die vraag na goud baie gesond met die kommoditeit wat bo die 2 000 dollar kerf per fynons verhandel. Kosmos 94.1 Nuus het met Hart gesels.