Mufamadi ontken hy het Eskom-korrupsieverslag ontvang

President Cyril Ramaphosa se nasionale sekerheids-raadgewer, Sydney Mufamadi, ontken hy het ʼn verslag oor die beweerde korrupsie by Eskom ontvang om aan Ramaphosa te oorhandig. Hy het voor die parlement se staande komitee oor openbare rekeninge getuig nadat Eskom se voormalige uitvoerende hoof, André de Ruyter, gesê het hy het Mufamadi ingelig oor sommige van die bewerings oor korrupsie by die kragnutsmaatskappy. De Ruyter het tevore aan Skoor gesê Mufamadi was een van die mense aan wie hy gesê het ʼn senior politikus was na bewering betrokke by korrupte bedrywighede by Eskom.