Esau verwelkom fluitjieblaser se getuienis in hof

Oud-visseryminister Bernhardt Esau se borgtogaansoek duur vandag voort voor regter David Munsu in die Windhoekse hoërhof. Die memorandum van verstandhouding wat in Angola vir visvangkwotas onderteken is, is nog onder die loep. Volgens die staat het die vestiging van Nengomar Pesca in die buurland en Nengomar in Namibië die Fishrot-korrupsieskandaal moontlik gemaak. Senior staatsaanklaer Cliff Lutibezi bevraagteken vir Esau of hy Nengomar Pesca benoem het om by die kwotas te baat, of sy skoonfamilie James Hatuikulipi en Tamson Hatuikulipi, wat met sy dogter getroud is…

Lutibezi het aan Esau gevra of hy bewus is van die Yslandse fluitjieblaser Jóhannes Stefánsson wat beplan om by Fishrot-verhoor te getuig…