Johannesburg wen teen halstarrige inwoners

Die Stad Johannesburg sê hy is bly die oppergesag van die reg het geseëvier teen groot sakeondernemings en reuse-woonlandgoedere wat nie vir munisipale dienste wil betaal nie. Die hof in Johannesburg het ten gunste van die stad beslis teen Malakite Body Corporate and Greenstone Crest Body Corporate. Die stad se woordvoerder, Nkosana Lekotjolo, sê die twee het geappelleer teen ʼn vroeëre uitspraak dat die metro reg was om saketariewe te hef: