SA hersien migrasiebeleid

Die minister van Binnelandse Sake, Aaron Motsoaledi, sê die Kabinet het die finale witskrif oor die migrasiebeleid goedgekeur, wat daarop gemik is om burgerskap- en immigrasie-uitdagings aan te spreek. Die witskrif is daarop gemik om die Burgerskapswet en ander wette wat burgerskap en migrasie beheer, te hersien. Die beleid stel voor die 1951-Vlugtelingkonvensie moet hersien en moontlik onttrek word. Motsoaledi het op ‘n nuuskonferensie beweer Suid-Afrika het in 1996 tot internasionale ooreenkomste toegetree sonder ‘n duidelike migrasiebeleid: