Iran: Bibi sê hulle sal self besluit

Die Israelse premier, Benjamin Netanyahu sê sy land sal sy eie besluite neem oor hoe om te reageer op Iran se ongekende lugaanval verlede naweek. Hy het gister in Jerusalem met die Britse minister van Buitelandse Sake, David Cameron vergader. Daar is kommer dat Israel se vergelding die streek in ‘n volskaalse oorlog kan dompel. Cameron sê hy hoop Israel se optrede is beperk en geteiken. Netanyahu sê sy regering sal alles doen wat nodig is om homself te verdedig.