Energie-kenner looi Opul, Namibië en olie

Opul en sy vennote vry erg na Namibië om ‘n lid van die groep te word, na die groot olie-ontdekkings in die Oranje-bekken. Namibië kan die vierde grootste Afrika-produsent van olie word wanneer die miljarde vate getap word. Chris Yelland, ‘n energie-ontleder, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en sy reaksie hierop gegee. Volgens Yelland is olie ‘n hoërisiko-onderneming en Opul is ‘n kartel, en Namibië moenie op die oliebedryf fokus nie.