Benylin in Namibië is veilig

Die gesondheidsministerie het bevestig dat Namibië gespaar is van die betrokke groepe van die Johnson & Johnson-hoesstroop vir kinders wat tans herroep word. Suid-Afrika, Eswatini, Rwanda, Kenia, Tanzanië en Nigerië  het Benylin Pediatriese Stroop weens hoë vlakke van diëtileenglikol bevat, herroep. Volgens Ben Nangombe, uitvoerende direkteur in die ministerie word medisyne in groepe vervaardig wat met ‘n spesifieke nommer of kodering geïdentifiseer word. In hierdie geval het die vervaardiger groepe 329304 en 329303 geïdentifiseer wat geraak en herroep moet word en die groepe is nie na Namibië ingevoer nie.