Namdeb hof toe oor LPM

Regter Herman Oosthuizen sal vanoggend ‘n dringende aansoek deur Namdeb teen die LPM aanhoor. Die maatskappy noem die LPM-leier Bernadus Swartbooi, sy adjunk Henny Seibeb en lede Sade Gawanas, Melody Swartbooi en Easter Isaak as respondente en vra die hof vir ‘n interdik wat hulle verhoed om lasterlike uitsprake oor Namdeb en sy bestuur op enige platform te maak. Daar word ook gevra dat alle plasings op veral die party se sosiale media platforms verwyder word. Die LPM het verdediging aangeteken maar nog nie stukke ingedien nie. Dit handel oor Daberas-mynwerkers wat in tente gehuisves is blykbaar na ‘n dispuut met Namdeb.