Mali en Burkina se hitte is mensegemaak

‘n Studie deur die World Weather Attribution-groep het aan die lig gebring mens-gedrewe klimaatsverandering het temperature in Mali en Burkina Faso laat styg, met dagtemperature wat tot 1,5-grade Celsius warmer is en snags 2 grade Celsius meer. Navorsers waarsku oor die dodelike gevolge en sê sulke hittegolwe kan meer gereeld voorkom namate globale temperature styg. Intussen het die navorsers ook bevind die erge droogte in Suider-Afrika kan meer aan El Niño as klimaatsverandering toegeskryf word. Wetenskaplikes dring aan op dringende optrede om die uitwerking te versag.