Seuntjie, 5, gebrand na hy suiker steel

Daar word berig dat ‘n vyf-jarige seuntjie gebrand is nadat hy suiker by ‘n shebeen in die Omaku-nedersetting in die Omusati-streek gesteel het. ‘n Saak van poging tot moord is teen die 35-jarige verdagte gemaak en daar word verwag dat hy vandag nog in die hof sal verskyn. Volgens die mag se adjunk-kommissaris Moses Simaho is gras aan die brand gesteek en dit op die kind se liggaam geplaas. Die kind het brandwonde op sy hande, voete en bene opgedoen en word tans in die hospitaal behandel.