So lyk NIP se motors van N$11m

Die Namibië Instituut vir Patologie het 18 nuwe voertuie teen ‘n koste van net meer as 11 miljoen Namibiese dollar aangeskaf, wat gelykstaande is aan meer as 611 000 dollar per voertuig. Dit het gelei tot landwye betogings by NIP-terreine deur ontevrede werknemers wat beweer het dat elke topbestuurder brandstofkaarte ter waarde van 20 000 dollar per maand ontvang het, bo en behalwe die miljoene wat aan persoonlike voertuie vir bestuurders bestee word. Maureen Hinda-Mbuende, adjunkminister van finansies, het die aankope in die Nasionale Vergadering erken en ‘n uiteensetting gegee van die motors wat aangekoop is.