Kritici van Nandi-Ndaitwah is verkeerd, haar aanmerkings was reg

Die adjunk-president Netumbo Nandi-Ndaitwah kom onder skoot omdat sy tydens die gradeplegtigheid by Unam se Rundu-kampus ‘n beroep gedoen het dat ‘n fakulteit vir landbou daar geskep word.

Sy is wyd gekritiseer vir die aanmerking maar, die adjunk-president is korrek – Unam se Rundu-kampus het geen fakulteit van landbou nie.