Mosiehof: 70 sake deur banke eis N$77m

Daar was 130 aansoeke vir verstekvonnisse in die mosiehof vanoggend waarvan 24 op die reël 108 rol was. Regters Eileen Rakow en Collins Parker het die sessies hanteer. Kommersiële banke het 70 aansoeke gebring waaronder twee voertuie terugbesorg moet word. Daar is ook 42 eiendomme met ‘n skuldlas van 62 miljoen dollar was opgeëis is. ‘n Totaal van 26 lenings met 14,9 miljoen dollar uitstaande is nou betaalbaar. In Maandag se sessie sal regter Shafimana Ueitele 47 onverdedigde egskeidings hanteer.