Agribank soek steeds N$10,6m by adjunk-minister

Agribank het vanoggend ‘n aansoek in die mosiehof teen die adjunk-minister van toerisme Tommy Nambahu. Die bank eis meer as 10,6 miljoen Namibiese dollar van Nambahu. Die saak sloer sedert 2018 en in 2019 het Nambahu skuld erken en ‘n skikkingooreenskoms onderteken wat op 8 Mei 2019 bekragtig is. Die bank moes hom in September 2022 weer aan die hof wend vir betaling. Die bank eis ‘n eiendom in Pionierspark en plaas Venenatum in Otjozondjupa op.