KosMOSFees ‘n ‘bucket list’ ervaring, sê Ricus Nel

Reaksie op die naweek se hoogs suksesvolle KosMOSFees, wat ‘n ware fees van Afrikaanse musiek was, stroom steeds in. Die konsensus onder beide die publiek en kunstenaars is dat ‘n uitsonderlike en baanbrekende geleentheid was. Marcel Theron van Kosmos 94.1 het gesels met die kunstenaar Ricus Nel, wat dit as ‘n sogenaamde “bucket list” ervaring beskryf het.