Vryheid slegs vir paar mense wat met ANC verbind word: Malema

Die president van die EFF, Julius Malema, sê daar was die afgelope 30 jaar vryheid vir slegs vir ‘n paar individue – diegene wat met die regerende party verbind word. Malema het die party se Vryheidsdagvieringe in Meadowlands, Soweto, gelei. Hy sê baie mense ly steeds onder die ANC. Daar is nie vryheid vir miljoene mense wat van plase afgesit word, by die werk uitgebuit word en of werkloos is nie.