Unisa teiken onderprestering in skole

Die Universiteit van Suid-Afrika sê hy gaan sy projek Strengthening School Belonging among Urban High School Boys uitbrei. Hy sê onderprestering en hoë uitsakkingsyfers skep ‘n groot klomp kwesbare jeugdiges. Shahieda Jansen van Unisa sê wanneer seuns akademies onderpresteer, is hulle meer geneig om in die strafregtelike stelsel of in begraafplase te beland. Sy voeg by met die projek help die universiteit om ‘n plaaslike kwessie van groot kommer asook ‘n wêreldwye probleem aan te spreek.