Astor se goue Titanic-horlosie gaan vir rekord-bedrag

’n Goue sakhorlosie wat van die liggaam van die rykste man op die Titanic herwin is, is verkoop vir ’n rekord 1,2 miljoen Britse pond, of 28,2 miljoen Namibiese dollar. Dit is die hoogste bedrag ooit wat vir Titanic-memorabilia betaal is, het die afslaers Henry Aldridge & Son gesê. Die oorspronklike eienaar van die horlosie, sakeman John Jacob Astor, het in 1912 op die ouderdom van 47 met die skip gesink nadat hy sy nuwe vrou, Madeleine, op ‘n reddingsboot gesit het. Die vorige hoogste bedrag wat vir Titanic-artefakte betaal is, was 25,8 miljoen dollar vir ‘n viool wat gespeel is toe die skip gesink het.