Vyf Covid-sterftes in vier distrikte aangekondig - September 3, 2021

Die Namibiese gesondheidsministerie het vyf Covid-sterftes in vier distrikte aangekondig, asook 107 nuwe gevalle uit 1 588 toetsuitslae, wat ‘n positiewe koers van sewe persent verteenwoordig. In die groep is 22 leerders van verskillende skole, vyf onderwysers, drie gesondheidswerkers en een student. Daar is nou 2 157 aktiewe gevalle, waarvan 165 in hospitale is en […]

Read More

Storm Ida se dodetal styg drasties - September 3, 2021

Die dodetal weens die verwoesting van Storm Ida in Amerika het tot minstens 45 gestyg. Die noordooste van die land is geteister deur kitsvloede en tornado’s en die sterftes het in ses state voorgekom, waaronder minstens 23 in New Jersey. President Joe Biden het reeds ‘n ramptoestand afgekondig in New Jersey en New York. Hy […]

Read More

Kinders met Downsindroom vra jou ou bril - September 3, 2021

Die meerderheid van kinders met Downsindroom het uitdagings met sig. Die Downsindroomvereniging van Namibië doen ‘n beroep op lede van die publiek om ou en ongebruikte brille te skenk. Martha Manhanga van die vereniging het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat. Skenkings kan in Windhoek gemaak word deur 081 242 2302 te skakel of in Walvisbaai […]

Read More

Kapana is op pad na Duitsland en Nigerië - September 3, 2021

Die bekroonde plaaslike rolprent Kapana is gekies om deel te neem aan die QUEER-Streifen Regensburg-fees wat in Oktober in Duitsland plaasvind. Die rolprent sal ook deelneem aan die Eastern Nigeria International Film Festival, bekend as Eniff. Die rolprent handel oor LGBTQ-kwessies en vertel die storie van ‘n verhouding tussen ‘n kapana-handelaar en ‘n versekeringsmakelaar. Dit […]

Read More

Ent julself, hou op na nonsens luister meen Libertine - September 3, 2021

Namibiërs het nou die luuksheid om tussen verskillende Covid-entstowwe te kies, veral nadat die Sputnik V-entstof wat deur die Serwiese regering geskenk is, in die land aangekom het. Dr. Libertine Amadhila, ‘n voormalige gesondheidsminister het haar reaksie gegee op die aankoms van Sputnik V. Sy het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê Namibiërs moenie na praatjies […]

Read More

Chinese perlemoenstropers vas! - September 3, 2021

Die vinnige optrede van Blitspatrollielede in Gqeberha in die Oos-Kaap om ‘n onwettige perlemoentransaksie in die wiele te ry, het uitgeloop op die inhegtenisneming van ‘n Chinese burger. ‘n Polisiewoordvoerder sê hulle het inligting opgevolg oor iemand wat glo op pad was om die transaksie te beklink. Die man het probeer wegjaag, maar ‘n onbevestigde […]

Read More

Rekord kanola-oes in SA verwag - September 3, 2021

Die eerste skatting van die Oesberamingskomitee vir wintergrane wys Suid-Afrika stuur af op die produksie van ‘n rekord-volume kanola-saad. Die komitee sê die gebied onder beplanting sal na verwagting met amper 34 persent toeneem, van verlede jaar se 74 000 hektaar tot 100 000 hektaar vanjaar. Dit behoort uit te loop op ‘n nuwe rekord […]

Read More

Wagter en Wollie mag nie gekookte bene kry nie - September 3, 2021

Die gesprek van bene voer aan troeteldiere is hervat met verskeie organisasies in die buurland wat weer ‘n beroep op mense gedoen het om nie gekookte bene vir hondekinders te voer. Die algemene konsensus is dat rou bene veilig is maar gekookte bene baie gevaarlik vir honde kan raak. Dr. Theuns Laubscher van Windhoek Veterinary […]

Read More

Onderwys moenie werksoekers skep nie - September 3, 2021

Reaksie word ontvang op aanmerkings deur die Suid-Afrikaanse arbeidsminister Thulas Nxesi wat sê dat onderwys in die buurland heroorweeg moet word. Sy aanmerkings kom na die hoë werkloosheidsyfer onlangs in Suid-Afrika bekend gemaak is. Nxesi het ook melding gemaak van die ANC-regering se herstelplan wat toenemende werkloosheid kan aanspreek. Frederico Links, ‘n navorser by die […]

Read More

Voorbereidings vir Whk Skou vorder goed - September 3, 2021

Voorbereidings vir die Windhoek Skou is in volle gang. Die hoof uitvoerende beampte van die Windhoek Skouvereniging Harald Schmidt het vroeër aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat die skou wel sal voortgaan vanjaar en vind vanaf 27 September tot 1 Oktober plaas. Schmidt sê dit is belangrik om die skou aan te bied.

Read More