Covid-aankondiging weer uitgestel - June 30, 2021

Terwyl Namibië ‘n ongekende derde vlaag Covid-infeksies en –sterftes beleef met uitdagings wat die land se gesondheidstelsel op sy knieë gedwing het, blyk daar om chaos te wees oor die aankondiging van die jongste maatreëls omdat die huidige maatreëls om middernag verval. Kosmos 94.1 Nuus kon gister geen duidelikheid kry oor wanneer die persvergadering gehou […]

Read More

Aandklokreël in eSwatini - June 30, 2021

Die waarnemende eerste minister van eSwatini Themba Masuku het ‘n aandklokreël in die land ingestel wat geldig is van skemer tot dagbreek. Hy het aangevoer dat Covid die inperking veroorsaak het maar, daar is onrus in die land met pro-demokrasie betogers wat gewelddadig geraak het. Koning Mswati III het ook reeds die land na Suid-Afrika […]

Read More

Covid vertraag Rietfontein-bedrywighede - June 30, 2021

Die projekte wat groot suksesse behaal het by die nasionale jeugdiens se Rietfontein aanleg sukkel effe die jaar as gevolg van Covid. Die minister, Agnes Tjongarero, sê hulle kan nie tradisionele lesings aanbied nie en sukkel ook met nuwe innames. Sy verduidelik.

Read More

Khomas-streeksrede: behuising is aangespreek - June 30, 2021

Die goewerneur van die Khomas-streek Laura McLeod Katjirua is tans besig met haar streeksrede. Behuising is, nes in al die ander streke in die land, ‘n uitdaging in Khomas maar sy sê goeie vordering is in die afgelope jaar gemaak.

Read More

N$213m sonder bewyse bestee by 4 plaaslike owerhede – Kandjeke - June 30, 2021

Die Namibiese ouditeur-generaal Junias Kandjeke sê vier plaaslike owerhede kan nie verduidelik hoe meer as 213 miljoen Namibiese dollar bestee is nie. Dit is nie eintlik nuus nie omdat plaaslike owerhede regoor die land gereeld gekwalifiseerde ouditverslae, jaar na jaar, ontvang. Tses, Ondangwa, Okahao en Leonardville is deur Kandjeke genoem. Okahao is eerste geplaas met […]

Read More

Aanpassing van Artikel 25 onnodig, sê BLSA - June 30, 2021

Business Leadership South Africa sê dit is onnodig om die land tot in sy fondamente te skud deur Artikel 25 van die Grondwet te wysig. Die ad hoc-komitee wat besig is met die wysiging van Artikel 25 het ‘n dooiepunt oor die aard van die wysiging bereik. Die uitvoerende hoof van die organisasie, Busi Mavuso, […]

Read More

Nanso wag steeds op NSFAF - June 30, 2021

Die Namibië Nasionale Studente-Organisasie het sy kommer uitgespreek oor die vertraging van die vrylating van die lys van studente wat kwalifiseer vir finansiële bystand van die Finansiële Hulpfonds vir Namibiese Studente vir 2021. Meer as 17 000 studente wat gekwalifiseer het, wag nog steeds in spanning. Dit is nou al die middel van die jaar […]

Read More

EU Covid-sertifikaat môre van krag - June 30, 2021

Dit wil voorkom asof die EU Digitale Covid-19-sertifikaat ‘n werklikheid geword het en dit word vanaf môre op die Europese vasteland in gebruik geneem. Volgens die Europese Kommissie maak die sertifikate die veilige vrye beweging van burgers in die EU tydens die Covid-19-pandemie moontlik. Christian Wigand van die kommissie sê lidstate moet reisvrywarings verseker vir […]

Read More

Reaksie op brandstofprys - June 30, 2021

Reaksie word ontvang op die aankondiging van die Namibiese ministerie van myne en energie dat daar ‘n verhoging van ‘n 40-sent per liter in die petrol- en dieselprys op 7 Julie in werking tree. Salomo Hei, High Economic Intelligence Investment, se hoof van navorsing, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.

Read More

Hittegolf in VSA, Kanada – talle sterf - June 30, 2021

Minstens 134 mense is dood te midde van ‘n rekord hittegolf in die Vancouver-streek in Kanada. Die land het gister sy hoogste temperatuur ooit aangeteken, 49,5 grade Celsius. Volgens die polisie in Vancouver, is hulle sedert Vrydag na meer as 65 sterfgevalle wat met die hitte verband hou, uitgeroep. Vancouver wat aan die Stille Oseaan-kusgebied […]

Read More