DA kap versuim om grondeise af te handelJune 5, 2025

Die DA sê die Departement van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling het versuim om bestaande grondeise te verwerk, ondanks die feit dat hulle die wetlike raamwerk, tyd en befondsing gehad het om dit te doen. Tot op hede is meer as 52-miljard Suid-Afrikaanse rand aan grondteruggawes bestee. Sonja Boshoff van die DA sê meer as 5 700 grondeise wat voor die oorspronklike 1998-spertyd ingedien is bly onopgelos, en provinsies soos KwaZulu-Natal, Limpopo en Mpumalanga het die grootste agterstande: