Arbeidsonrus by Mashare

Die Namibiese Plaaswerkers-unie in die Kavango-Oos-streek het geëis dat drie werkers by die Mashare-besproeiingsprojek wat verlede maand geskors is, heraangestel word. Herman Kauma, Lukas Kandjimi en Frans Mungenga is geskors nadat hulle glo gedreig het om die maatskappy se eiendom af te brand en nie opdragte van bestuur uitgevoer het nie.

Read More

Greenpeace sê Brittanje stort onwettig plastiek

Brittanje se afvalplastiek word na Turkye verskeep waar dit onwettig gestort en verbrand word, sê Greenpeace. Die organisasie sê 40 persent, oftewel 210 000 ton van Brittanje se afvalplastiek is in 2020 na Turkye geneem, maar nie herwin nie.

Read More

EIF se kroningsaand Vrydag

Die derde Volhoubare Ontwikkeling-toekennings van die Environmental Investment Fund of Namibia vind uiteindelik Vrydag plaas nadat dit in die verlede weens Covid-19 uitgestel is. Die Kommunikasiehoof van die EIF, Lot Ndamonomhata, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê voorbereidings vorder goed en hulle sien uit na ‘n aand van vieringe.

Read More

Chinees, Zimbabwiër vas oor perlemoen

‘n Chinees en Zimbabwiese burger sal na verwagting môre in die hof in Atlantis aan die Weskus verskyn ná hul inhegtenisneming weens die besit van perlemoen ter waarde van bykans 10 miljoen Namibiese dollar. Die Valke, Misdaadintelligensie en die Departement van Bosbou, Visserye en die Omgewing het inligting ontvang oor die vervoer van die fynproewerskos. […]

Read More

Tien Covid-19-sterfgevalle

Die Namibiese Gesondheidsministerie het vandag 246 nuwe Covid-19-gevalle in 9 streke uit 1 694 toetsuitslae aangekondig. In die groep is 26 leerders, 10 studente en 15 gesondheidswerkers. Daar is 122 mense wat herstel het, maar 10 sterfgevalle in onderskeidelik in Windhoek, Walvisbaai, Otjiwarongo en Gobabis. Uit die 2 447 aktiewe gevalle, is 216 in hospitale, […]

Read More

Vier renosterstropers in SA gevonnis

SanParke het die vonnisse verwelkom wat die Skukuza-streekhof in Mpumalanga in twee verskillende sake aan renosterstropers opgelê het. In die eerste saak is Nito Mathebula tot 13 jaar gevangenisstraf gevonnis nadat hy skuldig bevind is op drie aanklagte van stropery. In die tweede saak is die voormalige SanParke-veldwagter, Phineas Dinda, Arlindo Manyike en Alfa Gwebana […]

Read More

Lesotho pleeg kontrakbreuk met sonkragprojek

Bates van Lesotho ter waarde van meer as 855 miljoen Namibiese dollar is in gedrang nadat die land kontrakbreuk met ‘n sonkragprojek gepleeg het. Volgens finansiële berigte het Frazer Solar gMBH in 2019 al met regstappe begin en was aan die wenkant in arbitrasie in Suid-Afrika.

Read More

Air Nam-vlieëniers sukkel om vlerke te sprei

Sedert die amptelike aankondiging deur die Namibiese Regering dat die Nasionale Lugredery Air Namibia gelikwideer word, is personeel en vlieëniers pakkette betaal, maar nog nie ten volle soos belowe nie. Die President van die Namibië Lugrederye Vlieëniersvereniging, Heino Jakob, het aan Kosmos 94. 1 Nuus gesê vlieëniers het slegs ‘n derde van hul betalings ontvang. […]

Read More

Murorua lei Bankiersvereniging

Nedbank Namibia se Besturende Direkteur, Martha Murorua, is as die Voorsitter van die Bankiersvereniging van Namibië aangewys. Die posisie roteer jaarliks tussen die hoofde van die vyf kommersiële banke in Namibië. Murorua neem effektief vanaf 1 Mei by die Uitvoerende Hoof van Letshego Bank Namibia, Ester Kali, oor.

Read More

Sportveiligheid vir kinders bevorder

Onderwysers en sportbeamptes uit die 14 streke in Namibië het ‘n werkswinkel by Heja Lodge bygewoon om veiligheid vir kinders in sport te bevorder. Die Integrated Physical Education and School Sports-projek sal by 2 000 primêre en sekondêre skole in al 14 streke toegepas word. GIZ se Sports 4 Development in Africa het ‘n werkswinkel […]

Read More