
Padveiligheidsveldtog kom op 25 November - October 13, 2021
Die Feesseisoen kruip nader en oudergewoonte word daar swaar verkeer op al die land se roetes verwag, wat jaar op jaar gepaard gaan met motorongelukke en sterftes. Die Namibiese Padveiligheidsraad sal volgende week vergader oor die padveiligheidsveldtog. Ambrosius Tierspoor van die raad sê die veldtog sal op 25 November van stapel gestuur word.
Koue kom die naweek, en dan bietjie reën - October 13, 2021
Die weer is verseker deurmekaar met ‘n kouefront wat temperature in die Suide tot onder vriespunt sal laat daal oor die naweek, en dan, soos Johan van der Berg, meteoroloog van Suid-Afrika sê enkele donderbuie wat na die einde van volgende week in die noorde en sentrale gebiede verwag word.
IPC ‘los’ die probleme by Whk-raad op - October 13, 2021
Die Independent Patriots for Change-party se Windhoek-raadslede is nie meer beperk nie. Dit volg na ‘n vergadering wat die lede gehou het. Volgens Imms Nashinge, die party se woordvoerder sê die beperking was nodig en nou word daar van die raadslede verwag om diens aan die inwoners van die hoofstad te lewer.
Egpaar se tweeling dogters sal ook burgerskap kry - October 13, 2021
Die regsverteenwoordiger van die Lühl-Delgado-egpaar Uno Katjipuka het aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat die tweeling dogters van die egpaar ook Namibiese burgerskap sal ontvang omdat hulle ook, soos Yona, deur middel van ‘n surrogaat gebore is aan Lühl, wat ‘n Namibiese burger is, en Delgado. Katjipuka sê die hof se beslissing dat Yona wel […]
Olie daal effe, met afwaartse herstel-aanpassings - October 13, 2021
Die ru-olieprys het effe gedaal vandag na voorspellings dat die vraag na olie sal daal as gevolg van inflasie en waardeketting-uitdagings regoor die wêreld. Die Brent ru-oliepryse het met 24 persent gedaal. Die Internasionale Monetêre fonds het sy groei-vooruitsigte vir die VSA en ander groot ekonomieë afwaarts aangepas as gevolg van stygende pryse na die […]
N$92m vir wildlewe konflik en -misdaad - October 13, 2021
Die VN se Ontwikkelingsprogram het 92 miljoen Namibiese dollar aan die Namibiese regering geskenk om wildlewe misdaad en konflik met wilde diere te bestuur. Die fondse sal aangewend word in ‘n vyf-jaar projek wat ook aspekte van klimaatsverandering en ander uitdagings met die omgewing sal aanspreek. Die projek poog ook om die naasbestaan van diere […]
‘Almal is in Dubai’ - October 13, 2021
Terwyl die Namibiese kabinet reeds in 2013 beslis het dat die invoer van skool uniforms uitgefaseer moet word en dat Namibiërs self die 700 000 wat jaarliks benodig word, sal vervaardig, het dit nog nie gebeur nie. ‘n Projek is in 2020 van stapel gestuur, in samewerking met die onderwysministerie om in twee jaar, die […]
‘Dis ‘n goeie dag om ‘n Namibiër te wees’ - October 13, 2021
Reaksie word ontvang op die beslissing van regter Thomas Masuku dat die seun van die Namibiër Phillip Lühl en sy eggenoot Guillermo Delgado, Yona, Namibiese burgerskap toegeken moet word. Omar van Reenen die stigter van die Namibian Equal Rights-beweging sê dit voel vandag goed om ‘n Namibiër te wees.
Bewaringslandbou onder die loep - October 13, 2021
Die kwessie van bewaringslandbou is in die nuus, veral met klimaatsverandering en die beskerming van biodiversiteit. Die Namibiese landbouministerie is tans besig met ‘n werkswinkel aan die kus om die tipe landboupraktyk in die land te bevorder. ‘n Kenner in die gebied, Colin Nott, verduidelik die konsep.
Totale verslapping van maatreëls onmoontlik – nie genoeg is geënt nie - October 13, 2021
Covid-gevalle daal steeds en die huidige maatreëls verval om middernag Vrydagnag en President Hage Geingob sal na verwagting nuwe maatreëls aankondig. Die uitvoerende voorsitter van die Ohlthaver en List-groep, Sven Thieme sê die land kan nie maatreëls verslap soos dit in Europese lande gedoen is nie, omdat nie genoeg mense ingeënt is nie.