Kobus Wiese dankbaar vir ‘n tweede kans na hartaanval
Die bekende televisiekommentator en oud Springbokslot Kobus Wiese sê hy is dankbaar vir die waarskuwing, en nederig vir al die ondersteuning, en hy sal ‘n paar kilo’s moet afskud. Wiese het verlede week ‘n hartaanval oorleef. Hy het aan die media gesê dat hy die Here dank vir ‘n tweede kans in die lewe.
Numsa nie tevrede met ondersoek teen De Ruyter nie
Die Suid-Afrikaanse metaalwerkersvakbond Numsa is bekommerd dat Eskom se eie ondersoek na die beweerde wangedrag van sy uitvoerende hoof, André de Ruyter, blote oëverblindery gaan wees. Dit volg nadat die buurland se parlementêre staande komitee op Openbare Rekenings aangekondig het dat hy sy ondersoek laat vaar – ‘n besluit wat Numsa bestempel as ‘n poging […]
Prins Harry sal sy oupa se begrafnis bywoon
Buckingham-paleis het bevestig dat prins Philip op 17 April begrawe gaan word. Die paleis het ook bekendgemaak dat prins Harry uit Amerika sal reis vir die finale afskeid en eerbetoon aan sy oupa. Megan is deur haar dokter aangeraai om nie te reis nie, weens haar swangerskap. Dus sal Harry alleen die begrafnis bywoon.
John John klop Jarman vir die WBO Afrika supermiddelgewig-titel
Paulinus “John John” Ndjolonimus spog met sy WBO Afrika supermiddelgewig-titel. Hy het vroeg in die tiende en laaste ronde van sy geveg teen die gesoute Anthony Jarman met ‘n uitklophou die titel gewen. Die geveg is by die Windhoek Buiteklub gehou. Dit was egter nie ‘n maklike geveg vir John John nie want hy het […]
Pollard topbetaalde rugbyspeler
Handre Pollard is die topbetaalde rugbypeler in wêreldrugby.Hy verdien 20 miljoen Namibiese doller per jaar by Montpellier.Eben Etzebeth is 2de met ‘n salaris van 18 miljoen per jaar by Toulon en Faf de Klerk is 11de met 12 miljoen per jaar by Sale Sharks.
WGO bekommerd oor wanbalans in die verspreiding van koronavirus-enstowwe
Die Wêreldgesondheidsorganisasie het die wanbalans in die verspreiding van koronavirus-entstowwe tussen ryk en arm lande gekritiseer. Die hoof van die groep sê die doelwit om teen hierdie naweek inentingsprogramme in elke land aan die gang te kry, gaan nie realiseer nie.. Die WGO het lank gevra vir ‘n regverdiger verspreiding van COVID-19-entstowwe
Nog 130 nuwe Covid-19 gevalle in die land bevesti
Die Namibiese ministerie van Gesondheid het bekendgemaak dat daar 130 nuwe Covid-19 gevalle in die land bevestig is. Swakopmund en Tsumeb 18 elk, Walvisbaai 17, en Mariental 15. Die res is landwyd versprei. Die aantal sterftes staan op 564, met 1 193 aktiewe gevalle, 43 555 wat herstel het uit ‘n kumulatiewe totaal van 45 […]
President Geingob betuig sy medelye met die dood van prins Philip
President Hage Geingob het sy medeleye met Konigin Elizabeth en die Britse koningshuis betuig met die dood van prins Philip. In sy boodskap betreur hy die afsterwe van prins Philip en beskryf hom as ‘n gerespekteerde staatsman. Volgens dr Geingob voel Namibië en die res van die statebond die verlies van ‘n besondere leier in […]
ANC distansieer hom van die uitlek van klankgreep van president Ramaphosa met Zuma
Die ANC het hom gedistansieer van die uitlek van ‘n klankgreep van president Cyril Ramaphosa wat met die voormalige president Jacob Zuma praat tydens die geslote vergadering met die party se top ses. In die klankgreep kan Ramaphosa gehoor word wat sê hy respekteer Zuma en sy voorganger, Thabo Mbeki
PDM oor hervestiging van boere naby Nackartaldam
Die PDM-parlementslid Diederik Vries sê daar is ten minste 12 boere wat naby die Nackartaldam woon wat steeds wag om hervestig te word. Hulle wag ook steeds vir kompensasie vir die verlies van hulle grond met die bou van die dam. Volgens Vries was daar tussen 15 en 20 boere in die gebied maar het […]