
Lone in vervoerbedryf – minister kan nie lone stel nie - October 5, 2021
Na daar beroepe op die Namibiese minister van vervoer John Mutorwa gedoen is om ‘n minimumloon vir vragmotorbestuurders daar te stel, het die minister bevestig dat hy geen mandaat het om in te tree in kwessies van salarisse van vragmotorbestuurders nie. Die PDM-party se Johannes Martin sê talle van die bestuurders word per reis betaal […]
Dickason se saak uitgestel, waarneming vind nog plaas - October 5, 2021
Die saak teen die Suid-Afrikaanse dokter, Lauren Dickason, wat van die moord op haar drie dogters aangekla word, is vandag in die Timaru-hooggeregshof in Nieu-Seeland uitgestel. Sy was nie in die hof nie omdat die ondersoek na haar geestesgesondheid voortduur. Sy sal hierdie naweek deur ‘n forensiese psigiater ondersoek word. Dickason het haar twee-jarige tweeling, […]
DA sê hy vat onteieningsgeveg internasionaal - October 5, 2021
Die DA in Suid-Afrika sê hy gaan voort met stappe om by die internasionale gemeenskap aan te dring om druk op die Suid-Afrikaanse regering te plaas om die grondhervormingsbenadering, soortgelyk aan dié van Zimbabwe en Venezuela, stop te sit, want dit sal die ekonomie vernietig. Annelie Lotriet van die party sê om die kollig internasionaal […]
SA se plaaslike verkiesings: groot partye sal steun verloor - October 5, 2021
Ontleders in Suid-Afrika meen die uitslag van die plaaslike regeringsverkiesing op 1 November is meer onvoorspelbaar as enige ander verkiesing wat sedert 1994 plaasgevind het, maar die groter partye sal na verwagting die meeste steun verloor. Kiesers het vyf jaar gelede laas rade verkies vir die distrikte, metropolitaanse en plaaslike munisipaliteite in elk van die […]
Numsa wil ingenieursektor lamlê - October 5, 2021
Die arbeidsektor in Suid-Afrika begin warm word. Die buurland se metaalwerkersvakbond, Numsa, dring aan op ‘n totale afsluiting van die ingenieursektor totdat daaraan hulle eise voldoen word. Die vakbond se landwye staking begin vandag met die hoofoptog in Johannesburg, waar vakbondlede na die kantore van die Bedingingsraad vir die Metaal- en Ingenieursbedryf gaan opruk om […]
Namfisa: boetes amper vier keer hoër die jaar - October 5, 2021
Die Namibiese finansiële-oorsig-owerheid, Namfisa het 1,5 miljoen Namibiese dollar se boetes teen die finansiële sektor in die land, wat kommersiële banke uitsluit, opgehef in die 2020-2021 finansiële jaar. Volgens die owerheid, is die boetes opgehef vir nie-nakoming van verskeie maatreëls wat die indiening van verslae insluit. Die boetes is baie hoër as die wat in […]
Petrolprys: meer brandstof sal uit Angola ingesmokkel word - October 5, 2021
Die styging in die brandstofprys kan volgens plaaslike berigte die smokkelary van brandstof uit Angola ‘n hupstoot gee. Die onwettige invoer van Angolese petrol is reeds ‘n geruime tyd ‘n baie groot uitdaging vir owerhede en die Namibiese minister van myne en energie Tom Alweendo het onlangs met belanghebbendes en rolspelers by Oshikango in die […]
Brandstofprys styg vannag - October 5, 2021
Bestuurders word daaraan herinner dat die brandstofprys om middernag met 30 sent ‘n liter vir beide diesel en petrol styg. Daar word verwag dat die verhoging die pryse van voedsel en goedere verder sal opstoot. Jason Kasuto, besturende direkteur by Monasa Advisory and Associates in die hoofstad sê druk neem toe op die verbruiker.
Biden vaar uit teen die Republikeine - October 5, 2021
Die Amerikaanse President Joe Biden het vir die eerste keer sedert hy president geword het, uitgevaar teen die Republikeine. Die party wil nie sy Build Back Better-plan, wat infrastruktuurprojekte, beter gesondheidsorg, opvoeding en maatskaplike dienste insluit, goedkeur nie. Party-politiek in die VSA is op die oomblik baie verdeeld met lede van die twee partye wat […]
Instagram in die spervuur - October 5, 2021
CNN berig dat sekere algoritmes op Instagram rekenings met name soos “I have to be thin,” “Eternally starved,” “I want to be perfect” voorgestel het aan ‘n 13-jarige gebruiker wat belangstelling in diëte en gewigsverlies op die platform getoon het. Die Amerikaanse mediahuis berig dat hy ‘n toets uitgevoer het en self ‘n rekening geskep […]