
Vertragings in handboeke is verskaffer se fout - April 27, 2021
Die Namibiese Minister van Onderwys Anna Nghipondoka sê die vertraging in die voorsiening van srkyfbehoeftes en handboeke is nie as gevolg van ‘n tekort aan fondse nie, maar dat verskaffers nog nie afgelewer het nie. Ouers is gevra om skole in die tussentyd by te staan. Nghipondoka sê talle van die skole wat sy reeds […]
Alles in plek vir herdenking van Windhoek Deklarasie - April 27, 2021
Die 30ste herdenking van die Windhoek Deklarasie word op 3 Mei herdenk. Die deklarasie handel oor persvryheid en die belangrikheid van ‘n onafhanklike media in demokratiese stelsels. Wêreld Persvryheid-dag word ook op 3 Mei herdenk. Daar is verskeie geleenthede wat aangebied word vanaf Donderdag en die Minister van Inligting Peya Mushelenga sê alles is in […]
Bewustheid van leiers krities in bekamping van geslagsgeweld - April 27, 2021
Viviane de Koe, ‘n raadslid van die Nasionale Jeugraad sê leiers moet bewus wees van geslagsvooroordele, problematiese denkwyses en skadelike norme wat bydra tot geslagsgeweld in die land. Sy het die 14de Nasionale Jeugdag en –week vandag van stapel gestuur. Leiers wat bewus is van die uitdagings sal gesprekke in die regte rigting dryf en […]
Nog ‘n slenter, die keer op WhatsApp - April 27, 2021
‘n Boodskap wat wyd op WhatsApp gesirkuleer word nooi Afrikane wat in die VSA wil werk of studeer om ‘n Suid-Afrikaanse nommer te skakel om toegang tot daardie land te kry. Luidens die boodskap, moet aansoekers net in Suid-Afrika, Namibië, Swaziland of Botswana woon. Daar is kommer dat die boodskap verbind is aan groepe wat […]
‘Ons kan nie onderhandel nie, daar is nie geld nie’ - April 27, 2021
Die Direkteur-Generaal van die NBC het vroeër vanoggend by die perskonferensie in die hoofstad gesê dat onderhandelings met die korporasie se personeel begin het toe hulle 417 miljoen doller van die regering verwag het vir die huidige finansiële jaar. Hy het bygevoeg dat sou hulle die bedrag van 334 miljoen doller wat hulle in die […]
VSA pas riglyne vir ingeënte persone aan - April 27, 2021
Die Amerikaanse President, Joe Biden, gaan na verwagting vandag nuwe riglyne van die Sentrums vir Siektebeheer en -voorkoming bekend maak oor die vraag of mense wat ingeënt is steeds maskers moet dra. Die president se Covid-19 raadgewer, Anthony Fauci, het in ‘n onderhoud met media aangedui dat daar ‘n sterk moontlikheid bestaan dat daar nuwe […]
Te veel beweging van diere, polisie het kommer oor misdaad - April 27, 2021
Die Namibiese polisie in die Kavango Wes-streek is bekommerd oor die toename in beweging van diere in die streek. Die streek se bevelvoerder Kommissaris Josephat Abel sê die verkeer is veroorsaak deur die opheffing van die verbod na die gebied vry van bek- en klouseer verklaar is. Abel het eienaars van die diere daaraan herinner […]
Ware vryheid ontwyk – Cyril - April 27, 2021
President Cyril Ramaphosa sê die belofte van verkiesingsdag op 27 April 1994 is steeds nie volvoer nie, want daar is steeds mense wat swaarkry. Hy sê ware vryheid is steeds ontwykend en die nalatenskap van apartheid bly steeds ‘n definiërende maatreël in Suid-Afrika. Dit was Ramaphosa se boodskap op die Vryheidsdagviering in Botshabelo in die […]
‘n Blik oor Covid in die wêreld - April 27, 2021
Lande regoor die wêreld het verskeie uitdagings met Covid-19, en op verskillende vlakke. Yanna Smith bring jou ‘n vlugtige blik oor die jongste.
Kaapse brande sal gereelde verskynsel word - April 27, 2021
Die Suid Afrikaanse Minister van Bosbou en Omgewingsake, Barbara Creecy het gewaarsku dat veldbrande in die Moederstad ‘n gereelde gebeurtenis in die toekoms kan word. Die minister het die naweek die Tafelberg Nasionale Park besoek om die skade na verlede week se weghol-brande op die hange van Tafelberg, te bepaal. Fritz Platt, Kosmos 94.1 se […]