
SARB sal repokoers onveranderd hou - September 22, 2021
Die Suid-Afrikaanse Reserwebank sal môre die repokoers in die buurland bekendmaak. Op die oomblik is die koers op 3,5 persent terwyl dit in Namibië op 3,75 persent staan. Sommige ekonome meen die terugkoopkoers sal moontlik opwaarts aangepas word maar volgens die bekende Suid-Afrikaanse ekonoom Dawie Roodt sal dit nie môre gebeur nie.
Tucna hou niks van aandele vir werkers nie - September 22, 2021
Reaksie word ontvang op berigte dat permanente werknemers van twee maatskappye aan die kus aandele gegun is en dat die werkers 31 en 15 persent aandele in die twee maatskappye besit. Volgens Mahongora Kavihuha, die sekretaris-generaal van die Vakbond Kongres van Namibië, Tucna, moet werkers beheer van besighede hê. Hy verduidelik sy standpunt aan Kosmos […]
Drie capybaras vir Pta-dieretuin - September 22, 2021
Besoekers aan die Nasionale Dieretuin in Pretoria sal die eerste keer in meer as 20 jaar weer die natuur se grootste knaagdiere kan bekyk. Die dieretuin het drie capybaras ontvang – een mannetjie en twee wyfies. Die diere se varkagtige liggame is aangepas vir ‘n lewe in water. Hulle tone is gedeeltelik geweb en soos […]
Aartsbiskop stem vir gedwonge inenting vir kerklui - September 22, 2021
Die Anglikaanse Aartsbiskop van Kaapstad Thabo Makgoba sê hy is ten gunste van verpligte Covid-19-inentings vir hul kerklui. Mandate vir inentings is van die resolusies wat by die Anglikaanse Provinsiale Sinode bespreek sal word. Die Sinodesitting het gister afgeskop en duur tot Vrydag. Makgoba sê tydens ‘n dodelike pandemie weeg jou naaste se reg op […]
Komende reënseisoen onder die loep sodat boere, publiek kan beplan - September 22, 2021
Die Namibiese Meteorologiese Diens gaan môreoggend om nege-uur ‘n Klimaatsvooruitskouing Forum virtueel aanbied. Sieglinde Somses van die weerkantoor in Windhoek sê aan Kosmos 94.1 Nuus die reënvalvooruitsigte vir die komende reënseisoen sal bespreek word.
Swartbooi gesels oor gister se chaos - September 22, 2021
Die leier van die Landless People’s Movement Bernadus Swartbooi het vanoggend ‘n virtuele perskonferensie gehou waar verskeie kwessies bespreek was. Die volksmoord en die gebeure van gister tydens die protesoptog is ook deur hom aangespreek. Volgens Swartbooi word Swapo soos Zanu-PF.
Reaksie op uitstekende Walvis-bouplanne - September 22, 2021
Walvisbaai se goedgekeurde bouplanne wat in Julie vanjaar goedgekeur is, toon nie net ‘n 17,3 persent groei teenoor Junie se syfers nie, maar ook 77,1 persent teenoor Julie verlede jaar. Die goedgekeurde planne verteenwoordig ook 37,9 persent van al die planne regoor die land. Die plaaslike ekonoom Jason Kasuto en die besturende direkteur van Monasa […]
NBC oorweeg ook moontlike huishoudelike heffing - September 22, 2021
Die direkteur-generaal van die nasionale uitsaaier die NBC, Stanley Similo, sê hulle oorweeg ook moontlik dat ‘n huishoudelike heffing eerder as ‘n TV-lisensie vir betaling benut word. Dit volg nadat die SABC in die buurland voorgestel het dat die heffing wat fooie betaalbaar maak op die moontlikheid dat jy die diens kan ontvang en nie […]
Pa oorweeg om terug na SA te verhuis na Nieu-Seeland-tragedie - September 22, 2021
Die ma van Pretoria wat aangekla is van die moord op haar drie dogters nadat die gesin na Nieu-Seeland emigreer het, moet op 5 Oktober weer in die hof verskyn. Hulle pa Graham Dickason is verpletter oor die afsterwe van die twee-jarige tweeling, Maya en Karla en hul ses-jarige suster, Liane. Na wat berig word, […]
Verskeie dienste, inentings ingesluit, aangebied op Drimiopsis, Buitepos - September 22, 2021
Die Kalahari-kiesafdeling in die Omaheke-streek hou Vrydag en Saterdag ‘n inentingsveldtog by Drimiopsis en dan Buitepos. Maar daar is addisionele dienste wat ook aangebied word, soos Ignatius Kariseb, assistent vir die voorsitter van die streeksraad verduidelik.