Regterpresident John Hlope laat vaar dringende interdikaansoek - September 22, 2021

Die Suid-Afrikaanse parlement verwelkom die terugtrekking van die dringende aansoek om ‘n interdik teen die ampsaanklag-verrigtinge teen Regterpresident van die Wes-Kaapse hooggeregshof, John Hlophe te verkry. Hy het die aansoek laat vaar nadat dit vanoggend voor die adjunk-regterpresident van Gauteng, Roland Sutherland, gebring is. Die speaker van die Nasionale Vergadering, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, sê sy sal […]

Read More

Namibiese verbruikers nou beter beskerm - September 22, 2021

Die Namibiese handelsminister, Lucia Iipumbu, het vandag die Nasionale Verbruikersbeskermingsbeleid van 2020-2025 en die GS1 Lisensie van stapel gestuur. Iipumbu het dit beskryf as ‘n mylpaal vir die regering om doeltreffende kwaliteit diens in die sakegemeenskap te verseker. Elijah Mukubonda, hoofinligtingsbeampte van die ministerie, sê aan Kosmos 94.1 Nuus die beleid beskerm die verbruiker.

Read More

Zuma se regspan eis verwydering van staatsaanklaer - September 22, 2021

Suid-Afrikaanse oudpresident Jacob Zuma se regsverteenwoordiger versoek die verwydering van staatsaanklaer, Billy Downer, se titel om te vervolg tydens die wapentransaksie-korrupsiesaak. Advokaat Dali Mpofu sê Downer ontbreek die onafhanklikheid en onpartydigheid soos vereis deur die Grondwet, sy ampseed en ingevolge artikel 32 van die Nasionale Vervolgingsgesagwet. Mpofu het op dag twee van die verhoor in […]

Read More

Taliban wil wêreldleiers by VN se Algemene Vergadering toespreek - September 22, 2021

Die Taliban het versoek om wêreldleiers tydens die huidige sitting van die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering in New York toe te spreek. Die VN se woordvoerder, Stephane Dujarric, het gesê die sekretaris-generaal, Antonio Guterres, het op 15 September ‘n versoek van die huidige Afghaanse ambassadeur, Ghulam Isaczai, met die lys van die Afghaanse afvaardiging […]

Read More

Hulp vir slegs swart SA toerisme-ondernemings onwettig - September 22, 2021

Die Suid-Afrikaanse appèlhof sê die Toerismehulpfonds is nie wetlik verplig om besighede in die sektor by te staan op grond van hul swart ekonomiese bemagtigingstatus nie. Die fonds is veronderstel om ondernemings te help wat deur die Covid-19-pandemie geraak is. AfriForum het die voormalige minister van toerisme, Mmamoloko Kubayi-Ngubane se besluit om slegs swart ondernemings […]

Read More

Namibiese studente-hulpfonds gaan ontbind - September 22, 2021

Die Finansiële Hulpfonds vir Namibiese Studente, NSFAF, se waarnemende uitvoerende hoof, Kennedy Kandume, het bevestig voorbereidings is onderweg om die fonds tot niet te maak en ten volle deur die ministerie van hoër onderwys te laat oorneem. Stad Windhoek se burgemeester, dr. Job Amupanda, was die eerste persoon wat vanoggend aangekondig het dat die NSFAF […]

Read More

DA sê polisieminister het te laat erken daar is agterstand met DNS - September 22, 2021

Die DA in die Wes-Kaap sê die minister van polisie, Bheki Cele, kan nie beloof om ‘n einde te maak aan vrouemoord as die toerusting vir die verwerking van DNS nie in stand gehou word nie. Dit is die party se reaksie op ‘n onlangse verklaring waarin Cele onthul het 37 647 gevalle van seksuele […]

Read More

Biden geen nie hoop vir post-Brexit-vryhandelsooreenkoms met VK - September 22, 2021

Die Amerikaanse president Joe Biden het nie veel hoop gegee vir ‘n post-Brexit-vryhandelsooreenkoms met die Verenigde Koninkryk nie. Dit volg na samesprekings by die Withuis met die Britse eerste minister, Boris Johnson. Johnson se kantoor sê dis belangrik om ‘n uitsluitlike ooreenkoms met Amerika te bewerkstellig. Internasionale media berig egter Britse ministers oorweeg blykbaar om […]

Read More

Vier plaaswerkers in Otjiwarongo-distrik slaan glo vermeende stroper dood - September 22, 2021

Vier plaaswerkers van die plaas Doringlaagte in die Otjiwarongo-distrik sal in die hof verskyn op klagte dat hulle ‘n vermeende stroper doodgeslaan en ‘n ander een ernstig beseer het. Volgens die woordvoerder van die Namibiese polisie in die Otjozondjupa-streek, inspekteur Maureen Mbeha, het die plaaswerkers gister twee onbekende mans op die plaas opgemerk, hul voetspore […]

Read More

Presisie-boerdery en Namibië - September 22, 2021

Landboukenners in Suid-Afrika sê die bedryf staan op die vooraand van ‘n fantastiese era. Tegnologie word meer bekostigbaar en die tempo van verandering raak al hoe vinniger. Dr. Theo de Jager, uitvoerende direkteur van die Suider-Afrikaanse Agri-inisiatief, SAAI, en ‘n kenner in presisie-boerdery het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor die Namibiese omstandighede in die […]

Read More