
SA-ma verskyn weer vandag in Nieu-Seeland - October 5, 2021
Die 40-jarige Suid-Afrikaanse dokter, Lauren Dickason, wat aangekla word van die moord op haar drie jong dogters weke nadat die gesin van Suid-Afrika na Nieu-Seeland getrek het, gaan waarskynlik vandag weer in die hof verskyn. Lauren Anne Dickason het reeds verlede maand in die hof in die hawestad Timaru in Nieu-Seeland verskyn. Die regter het […]
Zuckerberg sê jammer vir onderbreking - October 5, 2021
Gister se wêreldwye onderbreking van Facebook, Instagram en Whatsapp het ses uur geduur. Die drie toepassings word almal deur Facebook besit en werk op gedeelde infrastruktuur. Besoekers aan die Facebook-webwerf het bloot ‘n foutbladsy of ‘n boodskap gesien dat hul blaaier nie kon koppel nie. Die WhatsApp- en Instagram-toepassings het aanhou werk, maar geen nuwe […]
Byna 60 000 Wes-Kapenaars die naweek ingeënt - October 4, 2021
Byna 60 000 Wes-Kaapse inwoners het die afgelope naweek hul Covid-19-inenting ontvang. Die Wes-Kaapse gesondheidsdepartement het meer as 300 inentingstasies in werking gehad as deel van die landwye Vooma-inentingsnaweek. Die doelwit was om 80 000 van die provinsie se inwoners oor die twee dae in te ent. Ons Kaapse korrespondent, Fritz Platt …
Kaapstad se strate meer voetganger-vriendelik - October 4, 2021
Die Stad Kaapstad sê ‘n projek om sy breë voetgangerplan in te stel is goed op dreef en opgraderings aan voetpaaie in die stadskern word gedoen. Dit sluit in nuwe sypaadjierande en verlaagde sypaadjies en opritte vir voetgangers in rolstoele, asook aanraak-teëls vir blinde persone. Die burgemeesterskomiteelid vir vervoer, Rob Quintas, sê die projek fokus […]
In twee weke woed 27 veldbrande op 59 plase in Namibië - October 4, 2021
Die Namibiese omgewingsministerie se woordvoerder, Romeo Muyunda, het bevestig die Steinhausen-vuur wat die afgelope vier dae gebrand het, het massiewe skade aangerig. Hy het gesê die afgelope twee weke was daar 27 veldbrande in Namibië wat op 59 plase 143 000 hektaar vernietig het. Altesaam 135 vee en 75 wilde diere is dood en infrastruktuur […]
Namibiese damme gesamentlik 78,9% vol - October 4, 2021
Volgens die weeklikse Namibiese dambulletin van NamWater is damme gesamentlik 78,9 persent vol, teenoor verlede week se 79,2 persent. Uit die Hardapdam is 2,731 miljoen kubieke meter water onttrek met die dam wat nou 56,8 persent vol is, teenoor verlede week se 57,7 persent. Die sentrale damme is gesamentlik 70,9 persent vol, Gobabis se damme […]
Regter sê daar moet opvoeding oor geslaggeweld, LGBTQ-gemeenskappe wees - October 4, 2021
In die buurland sê Regter Fayeeza Kathree-Setiloane daar moet opvoeding wees oor geslagsgeweld en LGBTQ-gemeenskappe, want dit is die enigste manier waarop hierdie gemeenskappe ten volle aanvaar sal word. Die regterlike dienskommissie voer weer onderhoude met kandidate vir twee vakatures in die Konstitusionele Hof. Dieselfde onderhoude is in April gedoen, maar die kommissie is hof […]
Leerkragte op Wêreld-onderwysdag môre vereer - October 4, 2021
Môre is Wêreld-onderwyserdag waartydens leerkragte wêreldwyd gevier word. Die Wes-Kaapse LUR vir onderwys, Debbie Schäfer, sê haar departement gaan dwarsdeur Oktober erkenning gee aan alle opvoeders wat ‘n onuitwisbare merk op leerders se lewens maak. Sy sê die departement het begin met die veldtog #ThankATeacher om die publiek aan te moedig om ‘n spesifieke onderwyser […]
Politieke kenner verwag nie veel van SAOG Troika - October 4, 2021
‘n Politieke kenner in Afrika-sake het gereageer op die Namibiese President Hage Geingob wat môre aan die buitengewone Troika Plus-beraad oor kwessies in Mosambiek in Pretoria in Suid-Afrika gaaan deelneem. ‘n Vorderingsverslag van operasies van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap se missie in Mosambiek, sedert hulle in die Cabo Delgado-provinsie teen Islamitiese insurgente ontplooi is, sal vrygestel […]
Ongeluk van Sweedse kunstenaar nie verdag, maar word ondersoek - October 4, 2021
Die Sweedse polisie beskou die motorongeluk waarin die omstrede plaaslike kunstenaar Larks Vilks gesterf het nie as verdag nie, maar het beloof om seker te maak hulle ondersoek alles deeglik. Die 75-jarige Vilks en sy twee polisie-lyfwagte het gesterf toe hul motor gister teen ‘n vragmotor gebots het. Hy was sedert 2007 onder polisiebeskerming nadat […]