Holiday Inn koers Namibië toe June 21, 2025
Namibië gaan sy eerste Holiday Inn-hotelle ryker raak met IHG Hotels & Resorts se planne om ‘n hotel elk in Windhoek, Swakopmund en Walvisbaai te open. IHG doen dié belegging as deel van sy franchise-ooreenkoms met Cadence Capital and Santiago Property Developers. Die hotel in Windhoek gaan met 147 kamers spog, terwyl dié op Swakopmund en Walvisbaai elk ‘n honderd kamers gaan hê. Die drie hotelle sal na verwagting in 2028 hul deure open.