Amerikaners dood vermeende selfmoord-bomaanvaller - August 30, 2021

Die VSA het ‘n verdedigende lugaanval in die Afghaanse hoofstad Kabul uitgevoer op ‘n vermeende ISIS-K-motorbom. Dis nie bekend hoeveel mense in die aanval dood of beseer is nie. Dit volg dae na ‘n selfmoordaanval op die lughawe in Kabul waarin meer as 180 mense insluitend 13 Amerikaanse soldate dood is. Die Islamitiese Staat in […]

Read More

Interessante projek deur Australiese navorsers - August 29, 2021

Australiese navorsers moes krokodille, dodelike jellievisse, en selfs dryfsand-agtige modder trotseer om seegrasbeddings suid van Cains aan te plant. Dit is deel van ‘n projek wat hulle hoop om na die hele tropiese gedeelte van Australië uit te brei. Die onderwater-graslande by die Mourilyan-hawe was voorheen florerende habitatte, wat kos aan garnale, walrusse en groen […]

Read More

Biden maan teen nog ‘n aanval op die lughawe van Kaboel - August 29, 2021

Die Amerikaanse president, Joe Biden, het gewaarsku dat nog ‘n aanval op die lughawe in Kaboel in Afghanistan hoogs waarskynlik is. Alle Amerikaanse burgers is in die lig hiervan versoek om die gebied naby die lughawe te verlaat. Die VSA gaan wel voort met ontruimings uit Afghanistan voor die spertyd Dinsdag verstryk.

Read More

LUR vir Gesondheid in KwaZulu-Natal word gestraf vir oortreding van Covid-regulasies - August 29, 2021

Die KwaZulu-Natalse premier, Sihle Zikalala, het teen die provinsie se LUR vir Gesondheid, Nomagugu Simelane opgetree. ‘n Video wat op sosiale media versprei is, toon Simelane wat Covid-19-regulasies by ‘n onlangse verjaardagparty oortree. Zikalala het aangekondig haar salaris gaan met die volgende betalingsiklus met 50-persent verminder word. Die geld sal aan ‘n Covid-19 organisasie sonder […]

Read More

Dis koud hier en elders - August 29, 2021

Koue toestande word oor groot dele van die land en die streek ervaar. Gure weer in KwaZulu-Natal het wydverspreide krangonderbrekings tot gevolg. Die provinsie is deur sneeu, donderstorms en sterk winde getref. Eksom sê dit het tot ‘n skerp styging in kragverbruik gelei. Die kragverskaffer is besig met herstelwerk, maar vertragings in onafwendbaar weens die […]

Read More

ANC se salariskrisis bly in die nuus - August 29, 2021

Die ANC vra vir skenkings om te help met die oplos van sy voortdurende salariskrisis. Ontevrede ANC-lede staak sedert verlede week oor onbetaalde salarisse. Die ANC het hom nou tot ‘n skarebefondsingsveldtog gewend en vra vir skenkings op sy sosiale media-bladsye. Dit het bespiegelings aangewakker oor die toestand van die party se bankrekening. Die ANC […]

Read More

Werknemers by UNICEF se voordele lok reaksie uit - August 29, 2021

Reaksie word ontvang oor voordele wat werknemers by UNICEF in Namibië of elders in die wêreld kry. ‘n Manlike werknemer kan byvoorbeeld vier maande vaderskapsverlof kry en ‘n vroulike werkgewer is geregtig op ses maande swangerskapverlof. ‘n Aktivis vir vroue en kinders, Rosa Namises, sê sy loof UNICEF vir hierdie werksvoordele.

Read More

Die Bulle steeds bo-aan die Curriebeker punteleer - August 29, 2021

Rugby: Die Westelike Provinsie het ‘n stok in die Curriebeker-wiel gesteek deur die Haaie gisteraand in Durban met 35-24 te uitoorlê. WP het teen alle verwagting in, na die halfeindronde van die kompetisie deurgedring. Dit is ook moontlik gemaak deur die uitslag van die wedstryd tussen die Pumas en die Griekwas wat met 13-elk gelykop […]

Read More

Rebelle vermoor burgerlikes in die DRK - August 29, 2021

Ugandese rebelle het 19 burgerlikes in die ooste van die Demokratiese Republiek van die Kongo vermoor. AFP berig 14 liggame is gister gevind, ‘n dag na die aanval op die Kasanzi-nedersetting in die Beni-streek van Noord-Kivu. Beni is die middelpunt van ‘n gebied waar die Geallieerde Demokratiese Magte, wat by die Islamitiese Staat geaffilieer is, […]

Read More

Biden hou vol China weerhou inligting oor Covid-19 - August 29, 2021

President Joe Biden van Amerika hou vol dat China steeds belangrike inligting weerhou oor waar presies Covid-19 vandaan kom. Dit volg nadat die Amerikaanse intelligensiegemeenskap bekendgemaak het dat hulle glo nie die virus was ‘n sogenaamde biowapen nie. China kritiseer intussen Amerika oor die politisering van pogings om die oorsprong van die koronovirus vas te […]

Read More