Hou eers terug op gas, mik vir olie-eersteMay 5, 2025

Namibië moet ‘n “olie-eerste”-strategie aanneem namate sy koolwaterstof-sektor nader aan kommersialisering beweeg. Bedryfskundiges sê olieprojekte vorder vinniger as gasontwikkelings en moet geprioritiseer word. Paul Eardley-Taylor, die hoof van olie- en gasdekking vir Suidelike Afrika by Standard Bank, sê die tempo van olie-ontdekkings en produksie-gereedheid oortref dié van gas, wat ‘n langertermyngeleentheid bly. Hy meen dat terwyl Namibië  beduidende gasvolumes besit – geraam op 550 miljoen standaard kubieke voet, gelykstaande aan Mosambiek se Coral South LNG-projek – het die land nie onmiddellike produksievermoëns nie, afgesien van die BW Kudu gas-tot-kragprojek.