Watter inperkings, behalwe aandklokreël, is oor? - September 13, 2021

President Hage Geingob spreek vanmiddag om drie-uur die land toe oor die jongste Covid-maatreëls en daar word ‘n verslapping in inperkings verwag. Kosmos 94.1 Nuus het met die hoofnavorser van High Economic Intelligence, Salomo Hei gepraat oor sy verwagtinge…

Read More

FBI stel 9/11-dokumente vry - September 13, 2021

Die FBI in die VSA het ‘n dokument vrygestel wat voorheen geklassifiseerd was. Dit gaan oor die logistieke hulp wat twee Saoedi-kapers gekry het in aanloop tot die terreur-aanval op 11 September 2001. Die dokument bevat besonderhede oor kontak wat die kapers met Saoedi-medepligtiges in Amerika gehad het, maar bewys nie enige betrokkenheid deur senior […]

Read More

Steinhoff-likwidasie gaan die week voort - September 13, 2021

Die likwidasie-saak van Steinhoff gaan die week in die Wes-Kaapse Hooggeregshof begin nadat ‘n aansoek om uitstel van die hand gewys is. Steinhoff staar likwidasie in die gesig nadat die vorige eienaars van Tekkie Town aangevoer het die destydse uitvoerende hoof, Markus Jooste, het hulle bedrieg deur aandele in die skoenwinkel-groep vir aandele in Steinhoff […]

Read More

Netwerk bring hulde aan McCarthy - September 13, 2021

Netwerk in Namibië gee graag erkenning aan diegene in die gemeenskap wat ʼn verskil maak vir Afrikaans en sy mense, en het ʼn Prestige Kultuurtoekenning in memoriam aan Elmine McCarthy oorhandig vir haar eggenoot, wyle Henry McCarthy. Vanaf 2017 was hy die skoolhoof van Pro-Ed Akademie in Swakopmund, deel van die NAPSO-groep van skole. Elizma […]

Read More

Gasvryheidsbedryf reageer op verslapte maatreëls in buurland - September 13, 2021

Die Restaurant-vereniging van Suid-Afrika sê die land se skuif na vlak twee en die aanpassing van die aandklokreël is ‘n welkome verligting vir die restaurantbedryf. Die aandklokreël sal van vandag af snags van elfuur tot soggens vieruur geld. Nie-noodsaaklike ondernemings soos restaurante, kroeë en gimnasiums moet saans teen tienuur sluit. Die bestuurshoof van die vereniging, […]

Read More

Paaieowerheid brei Arandis-dienste uit - September 13, 2021

Die Namibiese Paaieowerheid sal voortaan leerder-rybewyse by sy kantore in Arandis uitreik. Besprekings is oop vir tussen agt-uur soggens tot vyf-uur namiddae gedurende die week. Toetse word alleenlik op ‘n Donderdag gedoen. Volgens die owerheid kan voertuie ook geregistreer en lisensieer word en jaarlikse hernuwings van die lisensies, sowel as rybewyse word ook aangebied.

Read More

10% van Suid-Afrikaners oorleef op R11,67 daagliks - September 13, 2021

Die bystandskema in Suid-Afrika wat 350 Suid-Afrikaanse rand maandeliks aan families met inkomste laer as 5 000 rand maandeliks het meer as 8 miljoen begunstigdes. Ekonome het hulle kommer daaroor uitgespreek omdat dit 10 persent van die buurland se bevolking verteenwoordig wat minder as 5 000 rand maandeliks verdien of, anders om, op 11 rand […]

Read More

Toerisme sal nog ‘n jaar vat om te herstel - September 13, 2021

Volgens Jofie Lamprecht, eienaar van Jofie Lamprecht Safari’s is toerisme nog nie terug na normaal nie. Hy hoop dat ons in die komende jare ‘n toename in toerisme in Namibië sal kan sien. Lamprecht het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.

Read More

Privaatsektor moet SA-studente bystaan - September 13, 2021

Die Nasionale Studentefinansieringshulpfonds in Suid-Afrika het ‘n beroep op die privaatsektor gedoen om te help met die befondsing van studente in tersiêre instellings. Die voorsitter van die NSFAS-raad, Ernest Khosa, het dié versoek gerig nadat die fonds ‘n ongekwalifiseerde oudit van die ouditeur-generaal ontvang het. Dit beteken die skema se aanbieding van sy finansiële state […]

Read More

Reaksie op verslapping van maatreëls in SA - September 13, 2021

Die ANC het President Cyril Ramaphosa se aankondiging verwelkom dat die buurland vandag terugskuif na vlak twee van die inperkings. Die besluit volg na samesprekings met verskeie organisasies, kenners en leiers van politieke partye. Die DA-leier, John Steenhuisen, sê hoewel hulle die verslapping van die inperkings verwelkom, doen hulle ‘n beroep op Ramaphosa om nog […]

Read More