
Twee vas vir onwettige handel in wildprodukte - September 13, 2021
Die Namibiese polisie het steeds uitdagings met die onwettige handel in wildlewe produkte. Volgens die mag is ‘n 36-jarige verdagte die naweek by die Kamanjab stortingsterrein vasgetrek in besit van vier ietermagô-velle. Hy het die velle probeer wegsteek toe owerhede om vang. Op Outapi is ‘n onwettige Angolese immigrant, 37 jaar oud, gearresteer nadat hy […]
Methods to Fing a female - September 13, 2021
You can’t fing a girl understand what know how. It’s a common going out with trick which involves choosing a women’s picture and exchanging contact details with her. However you can learn how to make it work! Here are some tips to get her attention. Initially, pick a photo of a woman you like. Up […]
Dr Geingob spreek môre-middag 3 uur die Namibiese volk toe oor Covid. - September 12, 2021
President Hage Geingob sal môre middag om 3-uur die Namibiese volk toespreek oor die jongste in verband met die Covid-maatreëls. President Cyril Ramaphosa praat vanand 8-uur met Suid-Afrikaners oor die pad vorentoe met die Covid-pandemie in die buurland.
Nog 87 nuwe Covid-19 gevalle in die land bevestig - September 12, 2021
Die Namibiese gesondheidsministerie het 87 nuwe Covid-19 gevalle in die land bevestig. Windhoek het 15, Eenhana 12, Outapi 7, Onandjokwe 6, Omuthiya 5 en die res is landwyd. Daar is nog 1 470 aktiewe gevalle, 121 373 wat reeds herstel het uit ‘n kumulatiewe totaal van 126 290.
Verstappen weer in die voorste plek - September 12, 2021
Motorsport: Max Verstappen sal by die Italiaanse Grand Prix in die voorste plek wegspring ten spyte daarvan dat hy in gister se Formule Een-kortresies na Valtteri Bottas geëindig het. Lewis Hamilton se nagmerrie-begin het hom drie plekke gekos, asook waarskynlik die kans om die titel by Monza te wen. Bottas het amptelik die F1 se […]
Ramaphosa beplan waarskynlik verslapping in Covid-inperkings in die buurland - September 12, 2021
President Cyril Ramaphosa gaan na wat berig word waarskynlik verligting vir die gasvryheidbedryf en sakeondernemings in die buurland bring deur die inperking te verslap. Hoewel daar volgens die Suid-Afrikaanse media geen amptlike datum of tyd bekend is nie, het belanghebbendes wat die afgelope week met Ramaphosa vergader het, gesê vlak twee kan dalk so gou […]
Die jaarlikse Kanselier Welwillendheidsgholfdag vind op Vrydag 24 September by die Windhoek Golf & Country Club plaas. - September 12, 2021
Gholfklubs maak weer oop en die Universiteit van Namibië-stigting se jaarlikse Kanselier Welwillendheidsgholfdag vind op Vrydag 24 September by die Windhoek Golf & Country Club plaas. Die jaarlikse byeenkoms het ten doel om fondse in te samel vir die studente finansiële hulpfonds vir studente wat net nie die middele het om hul uitstaande studiegeld af […]
Radioaktiewe stof in renosters se horings gespuit sodat die horings maklik by grensposte opgespoor kan word - September 12, 2021
Suid-Afrikaanse wetenskaplikes spuit nou radioaktiewe stof in renosters se horings sodat die horings maklik by grensposte opgespoor kan word. Daar is reeds in die eerste ses maande vanjaar 249 renosters in die buurland gestroop.Dis 83 meer as in die eerste helfte van 2020. ‘n Navorser in kernfisika aan die Universiteit van die Witwatersrand, James Larkin, […]
Die langste gly-kabel in die wêreld word in die Wes-Kaap ontwikkel - September 12, 2021
Die Wes-Kaap maak reg om die wêreld se langste gly-kabel bekend te stel. Volgens SA Forest Adventures gaan die ambisieuse projek in die Overberg se berge buite Caledon gestalte kry. Dit is reeds in 2018 goedgekeur en die installasie begin hierdie maand. Die langste gly-kabel is tans in die Verenigde Arabiese Emirate. Dit is 2,8-kilometer […]
Volgens berigte het president Ramaphosa die groenlig gegee vir Zuma se parool - September 12, 2021
President Cyril Ramaphosa het na bewering die Suid-Afrikaanse nasionale kommissaris van korrektiewe dienste, Arthur Fraser, die groen lig gegee om die vrylating van oudpresident Jacob Zuma op omstrede paroolgronde toe te laat. Dit is volgens twee bronne wat aan die media in die buurland gesê het dat die gevangenishoof die president geraadpleeg het voordat hy […]