Trump se tariewe is manipulasie, afpersing – MalemaMay 5, 2025

Die leier van die EFF, Julius Malema, sê sedert Amerika se president, Donald Trump, in Januarie in die amp getree het, is hy betrokke by sogenaamde manipulasie en afpersing as sy vorm van diplomasie. Malema het die naweek die tweede vergadering van die Sentrale Bevelspan in Bela-Bela in Limpopo toegespreek. Hy sê Trump het met die idee van ‘n Goue Era vir Amerika die wêreld met ‘n wapen aan diplomasie onderwerp. Trump gebruik die dollar en die VSA se militêre bedryf as wapen.