
Vyftig bome vir Boomplantdag gesteel - September 10, 2021
Vyftig bome wat aan die suidkus van KwaZulu-Natal geplant is ter viering van Boomplantweek, is gesteel. Verlede naweek het die Umtentweni-bewarea 92 bome in die omgewing geplant, waaronder Melkhout, Mahonie en Witstinkhout. Volgens berigte staan nog net 42 van die nuwe bome. Die Umtentweni-bewarea glo die diefstal is as gevolg van georganiseerde misdaad weens die […]
SA wil Covid-inentingsertifikate digitaliseer - September 10, 2021
Die Suid-Afrikaanse regering beoog om binnekort Covid-19-inentingsertifikate te digitaliseer om só bedrog en duplisering te voorkom. Die sertifikaat sal ook as ’n “paspoort” gebruik kan word waarsonder jy toegang tot sekere plekke geweier kan word. Dr. Joe Phaahla, gesondheidsminister, het vandag op ’n virtuele mediakonferensie daarop klem gelê dat niemand toegang tot openbare geriewe of […]
SA direkteur-generaal afgedank ná New Yorkse grondooreenkoms van R118 - September 10, 2021
Die Suid-Afrikaanse direkteur-generaal van internasionale betrekkinge en samewerking is afgedank nadat hy vroeër geskors is. Minister Naledi Pandor het Kgabo Mahoai se afdanking aangekondig nadat hy skuldig bevind is aan growwe nalatigheid, growwe pligsversuim en die oortreding van wetlike verpligtinge. Dit hou verband met ‘n verknoeide New Yorkse grond-ooreenkoms van 118 miljoen rand. Daar is bevind Mahoai het in 2016 ‘n betaling […]
Gondwana se Deurry-inentingskliniek verskuif na Wanderers-sportgronde - September 10, 2021
Vandag is Gondwana se Deurry-inentingskliniek se laaste dag by die Windhoekse skougronde. Gondwana bedank die Windhoek Skouvereninging vir hul bystand. Gondwana verskuif vanaf Dinsdag na die Wanderers-sportgronde in Tunschelstraat in Pionierspark. Die kliniek sal oop wees Dinsdae tot Vrydae vanaf tien-uur soggens tot ses-uur saans en naweke vanaf tien-uur soggens tot twee uur smiddae. Dit […]
Namibia Breweries presteer - September 10, 2021
Namibia Breweries verwag dat sy wins na belasting, basiese verdienste per aandeel en die wesensverdienste per aandeel vir die jaar geëindig 30 Junie 2021, met tussen 40 persent en 45 persent sal toeneem in vergelyking met die vorige boekjaar. Sven Thieme, die uitvoerende voorsitter van die Ohlthaver en List-groep, sê hy is baie trots op […]
Duitsland verwyder Namibië as Covid-hoërisikoland - September 10, 2021
Goeie nuus vir die Namibiese toerismesektor is dat Duitsland se Robert Koch Instituut Namibië van die lys van Covid-hoërisikolande verwyder het. Die uitvoerende hoof van die Gasvryheidsvereniging van Namibië, Gitta Paetzold, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die toerismebedryf is verheug hieroor en tans vind ‘n groot toerismeveldtog in Duitsland plaas om toeriste na Namibië […]
Kerkgroep help behoeftiges in tye van nood - September 10, 2021
‘n Groep barmhartige Samaritane in die Babilon-informele nederseting in Windhoek reik ‘n helpende hand uit aan diegene in nood, veral tydens die Covid-pandemie. Die groep van die Every Nation Victory Church het ‘n versorgingsprogram, asook ‘n voedingskema, dagsorgsentrum en hulle gee Bybelstudie aan bejaardes. Eunice Luceu, ‘n lid van die kerk en leier van die […]
SA gevangenes wil rekenaars gebruik om te studeer - September 10, 2021
‘n Volbank regters sal op 8 Oktober in die hooggeregshof in Johannesburg argumente aanhoor rakende die regte van gevangenes om skootrekenaars of rekenaars in hul selle te gebruik vir studiedoeleindes. Die departement van korrektiewe dienste teken appèl aan teen ‘n bevel wat toestemming aan drie Boeremag-lede verleen om rekenaars te hê terwyl hulle deur Unisa […]
Vier Covid-sterftes in drie distrikte aangemeld - September 10, 2021
Die Namibiese gesondheidsministerie het vier Covid-sterftes in drie distrikte, Eenhana, Outapi en Okongo aangemeld, asook 59 nuwe gevalle uit 1 427 toetsuitslae, wat ‘n positiewe koers van 4,1 persent verteenwoordig. In die groep is 19 leerders van verskillende skole en een student. Daar is nou 1 443 aktiewe gevalle, waarvan 157 mense in hospitale is en 20 in intensiewesorgeenehde. Altesaam 226 861 mense het hul eerste dosis Covid-entstof ontvang, terwyl 135 375 mense hul tweede dosis ontvang […]
Namibiese rolprent draai vanaand in Amerika - September 10, 2021
Die internasionaal bekroonde Namibiese rolprent, #LANDoftheBRAVEfilm, gaan sedert die begin van die Covid-pandemie vir die eerste keer in Amerika vertoon word. Die rolprent gaan vanaand en môre by die Greater Cleveland Urban-filmfees in rolprentteaters draai waar Amerikaners dit vir die eerste keer op die groot skerm vertoon kan word. Boonop is Kosmos 94.1 Nuus se […]