Rusland se oorlog vorder teen slakkepas – ForbesMay 5, 2025

‘n Ontleding deur Forbes dui aan dat Rusland uiters stadig in die  Oekraïne vorder en teen enorme koste. Teen die huidige tempo sal Rusland tot 2256 nodig hê om Oekraïne te verower – teen ‘n koste van 101 miljoen sterftes, of 70 persent van sy bevolking. In April het Rusland 109 vierkante kilometer bygekry maar het 4 800 voertuie en meer as 36 600 troepe verloor – dood of beseer. Rusland het nou 600 000 troepe in Oekraïne – twee keer die getal vanaf Februarie 2022, en werf 30 000 per maand. Putin bestee 40 persent van die nasionale begroting aan verdediging, teenoor die VSA se 13 persent.