Huldeblyke vir Tirop - October 14, 2021

Huldeblyke stroom steeds in vir die Keniaanse atleet, Agnes Tirop, wat gister dood by haar huis in Iten in die weste van die land gekry is. Die 25-jarige is na bewering deur haar man in die nek gesteek. Tirop het bronsmedaljes in die 10 000 meter by die 2017 en 2019 Wêreldkampioenskap verower. Sy het […]

Read More

Sokker-politiek: Haikali kap terug - October 14, 2021

Die Namibiese Sokkervereniging, die NFA, is steeds in ‘n gemors met ‘n sekere deel van die leierskap wat besluit het om die president te skors. Die president, Ranga Haikali, sê aan Kosmos 94.1 Nuus dat sy skorsing onwettig deur Fifa verklaar is en deur mense aangevuur is wat ‘n persoonlike vendetta teen hom het. Hy […]

Read More

WGO stel nuwe span saam vir Covid-oorsprong se ondersoek - October 14, 2021

Die Wêreldgesondheidsorganisasie het ‘n wetenskaplike raadgewersgroep gestig om die oorsprong van die Covid-19-pandemie te ondersoek en beter voor te berei vir toekomstige pandemies. Die WGO se Wetenskaplike Raadgewersgroep oor Nuwe Patogene bestaan uit wetenskaplikes van Amerika, China, en sowat 24 ander lande. Die eerste gevalle van Covid-19 onder mense is in Desember 2019 in die […]

Read More

Medies: gaan noukeurig deur jou state - October 14, 2021

Methealth Namibia Administrators het lede van die publiek wat dekking het by mediese fondse wat hy administreer, daaraan herinner dat kommunikasie van die fonds, en SMS-kennisgewings baie belangrik is om deur te gaan. Methealth sê dit is baie belangrik dat ‘n staat wat behandelings en kostes aandui, noukeurig deurgegaan word en geverifieer word deur die […]

Read More

Uitspraak vandag in Howard-Graham saak - October 14, 2021

Regter Kobus Miller sal vanoggend uitspraak lewer in die saak waar die argitek en eiendomsontwikkelaar Desmond Howard se familie-trust Archie Graham vir betaling van net minder as 44 miljoen Namibiese dollar dagvaar. Die uitspraak is vroeër die week uitgestel tot vandag toe. Howard het in sy stukke ‘n skulderkenning wat hy sê deur Graham onderteken […]

Read More

Partye in koalisies moet ophou baklei en dienste lewer - October 14, 2021

Koalisies en samewerking onder politieke partye slaag nie altyd in Afrika nie. Een voorbeeld hiervan vind in Windhoek plaas waar opposisiepartye koalisies in die stadsraad gevorm het. Elke nou en dan is daar kwessies tussen die partye en dan ly dienslewering aan inwoners daaronder. Politieke analis, dr. Ndumba Kamwanyah, sê aan Kosmos 94.1 Nuus, dis […]

Read More

Strydom loop voor vandag in Sun City - October 14, 2021

Ockie Strydom van Suid-Afrika is die voorloper wanneer die tweede ronde van die Blue Label-uitdaagreeks vandag by Sun City begin. Hy het ‘n telling van sewe onder baansyfer 65 behaal met agt voëltjies en slegs een hou bo baansyfer vir ‘n totaal van 15 punte. Die 36-jarige speler is slegs een punt voor sy landgenoot […]

Read More

Kaapse aasvoëls kan nou agtervolg word - October 14, 2021

Nege bedreigde Kaapse aasvoël-kuikens by Potberg in die De Hoop-natuurreservaat in die Wes-Kaap is suksesvol met satelliet-opsporingsapparate toegerus as deel van ‘n navorsingsprojek om die voëls se eetgewoontes te bestudeer. ‘n Woordvoerder vir Plaaslike Regering, Omgewingsake en Ontwikkelingsbeplanning, James-Brent Styan, sê CapeNature het hulp aan Vulpro verleen wat op die voorpunt is van aasvoël-rehabilitasie en […]

Read More

Gauteng se e-tol dalk iets van die verlede - October 14, 2021

Die Suid-Afrikaanse vervoerminister, Fikile Mbalula, sê uitsprake wat suggereer dat hý gesê het die e-tolstelsel kan nie geskrap word nie, is moedswillig of op sy ergste, kwaadwillig. Die regering het die e-tolstelsel in 2011 ingestel as ‘n manier om Gauteng se Deurpad-verbeteringsprojek van 17,9 miljard Suid-Afrikaanse rand te finansier. Die stelsel is egter deur talle […]

Read More

NBC sny weer bedrywighede - October 14, 2021

Die nasionale uitsaaier, die NBC, het nuwe besnoeiingsmaatreëls aangekondig en sê hy is in samesprekings met die ontvanger oor sy uitstaande belasting van 253 miljoen dollar. Die direkteur-generaal Stanley Similo het aan plaaslike media gesê dat die regeringsubsidie, wat van 334 miljoen dollar na 127,5 miljoen dollar gesny is, ‘n baie groot impak op die […]

Read More