
Geingob verbind Namibië tot uitwissing van steenkool - November 3, 2021
President Hage Geingob het die COP26-beraad toegespreek. Behalwe vir die feit dat hy Namibië verbind het tot die 1,5 grade Celsius-teiken van die VN, het hy bygevoeg dat sy regering met SAOG-lidlande sal saamwerk om, soos hy gesê het, die gebruik van steenkool deel van die geskiedenis te maak. Suid-Afrika, wat 12de ter wêreld geplaas […]
SA-verkiesings – uitslae sal op tyd wees - November 3, 2021
Die Onafhanklike Verkiesingskommissie in Suid-Afrika sê die tel van stemme in 94 munisipaliteite is afgehandel en hulle sal geen moeite ontsien om die res voor die sperdatum te voltooi nie. Die Noord-Kaap het 89 persent van sy uitslae afgehandel, gevolg deur die Wes-Kaap met 72 persent en die Oos-Kaap met 70 persent. In die res […]
Cleo is veilig, ongedeurd gevind, na 18 dae - November 3, 2021
‘n Vermiste Australiese kleuter is ongedeerd gevind. Die vier-jarige Cleo Smith het 18 dae gelede van die gesin se kampterrein aan die Weskus verdwyn. Sy is in ‘n huis in Carnarvon in die noorde gevind. Media in Australië berig die Wes-Australiese polisie beskryf die deurbraak as een van die merkwaardigste dae in sy bestaan. Hulle […]
Shiimi sê oor viskwota-veiling - November 3, 2021
Die Namibiese minister van finansies Ipumbu Shiimi het terugvoering gegee oor die tweede veiling wat vanjaar gehou is om visvangkwotas te verkoop. Volgens Shiimi is net minder as 16 000 metrieke ton stokvis, 87 500 metrieke ton maasbanker en 392 metrieke ton monnikvis aangebied. Die veiling is gehou om fondse in te samel vir die […]
Dorpsrade: ons skeep niemand af nie, inteendeel, ons betaal, sê Uutoni - November 3, 2021
Die leier van die opposisieparty, Popular Democratic Movement, McHenry Venaani, het gister in die Nasionale Vergadering aan die minister van landelike en stedelike ontwikkeling, Erastus uUtoni, gevra of sy ministerie munisipaliteite en dorpsrade afskeep wat deur opposisiepartye regeer word. Venaani wou weet wat die motief is. Uutoni het sy antwoord só verwoord.
Geingob sê Namibië ervaar reeds impak van klimaatsverandering - November 3, 2021
President Hage Geingob het die COP26-beraad toegespreek in Glasgow. In sy mening, is klimaatsverandering ‘n globale uitdaging en Namibië voel reeds die impak van ‘n warmer aarde. Geingob het dit so verwoord. Geingob sal vandag meer inligting verskaf oor sy regering se samewerking met die privaatsektor vir die ontwikkeling van groen waterstof-energie.
Aanbod vir Air Namibia? - November 3, 2021
‘n Suid-Afrikaanse lugredery, BDS Airways, het volgens Namibiese media ‘n aanbod gemaak om die gelikwideerde nasionale lugredery, Air Namibia, te koop. BDS Airways het deur sy regsfirma, Murorua Kurtz Kasper, op 18 Oktober skriftelik aan Air Namibia se likwidateurs, David Bruni en Ian McLaren, hul aanbod van 3,2 miljard Namibiese dollar vir Air Namibia gemaak.
Blatter, Platini aangekla vir bedrog - November 3, 2021
Switserland het twee gewese grootkoppe van die spel aangekla van onder meer bedrog. Fifa se voormalige president, Sepp Blatter, en die oud-president van Uefa, Michel Platini, moet teregstaan oor ‘n ongemagtigde betaling van byna 34 miljoen Namibiese dollar wat Blatter in 2011 vir Platini gereël het. Switserse aanklaers sê die betaling het Platini onregmatig verryk. Die saak het sy oorsprong in 2015 en albei mans is intussen uit […]
Unam-student maak verkragtingsaak aanhangig - November 2, 2021
‘n Verkragtingsaak is deur ‘n vroulike student van die Universiteit van Namibië by die Namibiese polisie aanhangig gemaak. Die student meen die universiteit beskerm die leierskap van die Namibiese Studente-unie, maar die verdagtes is volgens Unam geskors. John Haufiku, openbare skakelbeampte van Unam het die voorval aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig en gesê die saak […]
Brasiliaanse man op lughawe met 98 sakkies kokaïen vasgetrek - November 2, 2021
‘n Brasiliaanse man is op die Internasionale Lughawe Hosea Kutako met 98 sakkies kokaïen ter waarde van 343 000 Namibiese dollar in hegtenis geneem. Die 40-jarige man was volgens die Namibiese polisie ook in besit van 500 Amerikaanse dollar, 800 Suid-Afrikaanse rand en 170 Brasiliaanse reals. Hy word by die Seeis-polisiekantoor by die lughawe aangehou […]