
United Airlines en Airlink deel kodes - September 30, 2021
Die Amerikaanse lugredery United Airlines het ‘n nuwe kodedelings-ooreenkoms met die plaaslike lugredery Airlink bekend gemaak, wat deel vorm van sy uitbreiding na Suid-Afrika. Die nuwe ooreenkoms, wat onderhewig is aan die regering se goedkeuring, bied eenstop-verbindings van die VSA na meer as 40 bestemmings in Suider-Afrika. Airlink se uitvoerende hoof en besturende direkteur, Rodger […]
SA: swaar reën, hael en veldbrande - September 30, 2021
Swaar reën word vandag in sekere dele van KwaZulu-Natal verwag en die Suid-Afrikaanse Weerdiens voorspel donderstorms met hael vir die Vrystaat en die Oos-Kaap. Ontwrigtende reën word tot Saterdag verwag oor die suidelike en westelike dele van KwaZulu-Natal en die noordoostelike dele van die Oos-Kaap. Dit kan veroorsaak dat paaie en informele nedersettings oorstroom en […]
Noord-Kaapse boere het bystand nodig na brande - September 30, 2021
AfriForum Bo-Karoo, Saai en die Orania-beweging het ‘n veldtog begin om boere in die Noord-Kaap te help. Dit volg na verwoestende brande duisende akker landbougrond in die omgewing van Kimberley en Hopetown verwoes het. Henk Maree van AfriForum vra die publiek om hul harte en beursies oop te maak om die boere te help en […]
Reën en ons grondpaaie: RA is gereed - September 30, 2021
Met die afgelope reënseisoen was daar groot skade aan grondpaaie regoor die land gebring. Grondpaaie is uiters belangrik vir die beweging van goedere, veral in landbou. Die hoof uitvoerende beampte van die Namibiese Paaieowerheid Conrad Lutombi sê hulle het bevoegde kontrakteurs in die streke en is gereed vir die komende seisoen.
Vuurwapen-amnestie loop vandag tot ‘n einde - September 30, 2021
Amnestie-maand loop vandag tot ‘n einde. Vanaf 1 September het die Namibiese polisie amnestie aangebied vir enige onwettige wapens of ammunisie wat by die polisie ingehandig word. Dit vorm deel van ‘n veldtog wat deur die Afrika-unie van stapel gestuur is. Margaret Kalo, woordvoerder van die ministerie van veiligheid en sekuriteit het verduidelik.
Smith praat oor TransNamib-ellende - September 30, 2021
Werknemers by TransNamib sal daagliks ‘n vreedsame staking uitvoer tot daar aan hulle eise toegegee word. Onderhandelings tussen die maatskappy en die verwante vakbond Natau, het volgens berigte op ‘n dooiepunt uitgeloop en Natau eis dat die raad en die hoof uitvoerende beampte Johny Smith, moet intree in die onderhandelings. Smith sê hulle het met […]
Damara en San wil ook ingesluit word by volksmoord-kwessie - September 30, 2021
Die kwessie van die volksmoord wil eenvoudig nie bedaar nie. Die leier van die UDF-party Apius !Auchab, sê die Damara en die San kan nie uitgelaat word in enige volksmoord bespreking nie omdat hulle in dieselfde gebiede as die Nama en Ovaherero stamme gewoon het. Intussen meen die opposisie-leier McHenry Venaani dat die ooreenkom wat […]
Twee nuwe (groot) dinosourusse gevind - September 30, 2021
Fossiele is op die strande van die Isle of Wight in Brittanje gevind wat toon dat twee massiewe dinosourusse in die gebied woonagtig was en op die strande gejag het. Dit was 127 miljoen jaar gelede. Volgens die wetenskaplikes toon die fossiele dat die twee vleisvreters elk ongeveer nege-meter lank was met krokodil-tipe bekke, vol […]
Hokkieliga skop môre af - September 30, 2021
Die Namibiese Hokkie-unie se Bank Windhoek Buitenshuise Hokkieliga begin Vrydagaand en sal tot einde November plaasvind. Die sekretaris van die hokkie-unie, Jens Unterlerchner sê alle Covid-riglyne steeds geld.
Duitsland buit sy verhouding met Namibië uit - September 30, 2021
Die leier van die LPM-party Bernadus Swartbooi is tans besig met ‘n regstreekse uitsending op die party se Facebook-blad waar hy meer besonderhede bekend maak oor sy party se standpunt oor die volksmoord. Hy sê Duitsland buit sy verhouding met Namibië uit en gee ‘n groot hoeveelheid ontwikkelingshulp om sy aanspreeklikheid te ontduik.