
Goeie steenvrug-oes in SA verwag - October 22, 2021
Die Suid-Afrikaanse sagtevrugte-organisasie, Hortgro, voorspel ‘n hoër steenvrug-oes vir die 2021-2022 seisoen. Hortgro sê ná die jare van droogte is dinge weer normaal en alhoewel dit nog vroeg in die seisoen is, verwag die bedryf om tussen 15 en 16,5 miljoen kartonne vir die uitvoermark te pak. Volgens Hortgro beleef steenvrug-kwekers ‘n goeie winter en […]
Suide-boere het huppel in hulle stap - October 22, 2021
Kyk, ons weet Namibiërs juig wanneer dit reën veral in die Suide van die land waar dit tradisioneel uiters droog is. Oudergewoonte, gesels Kosmos 94.1 Nuus met Dolf de Wet van plaas Michberg naby Grünau oor die afgelope paar dae se neerslae. De Wet sê daar’s niks gevaarliker as ‘n boer wat reën gekry het […]
Boere sal baie betaal vir die regte genetika - October 22, 2021
As die uitslae van onlangse stoetveilings in die land ‘n maatstaf is, dan gaan dit baie goed met ons beesboere. Rekordpryse van tot 280 000 dollar vir ‘n Brahman stoetbul is behaal. Die pryse is volgens die bekende landbou-ekonoom dr. Kobus Laubscher geen verrassing nie. Hy verduidelik dat dit handel oor verbeterde omset as gevolg […]
Mense met inligting oor Spencer, vermoorde konstabel, kom asb na vore - October 22, 2021
Die saak van die vyf-jarige Spencer Mandela Nakale wat in Desember verlede jaar by Lüderitz vermis geraak is het, is steeds nie opgelos nie en dit is asof hy spoorloos verdwyn het. Die ondersoek duur steeds voort en Nampol se woordvoerder, hoofinspekteur Elifas Kuwinga het weer ‘n beroep op die publiek gedoen om na vore […]
Verhore oor aborsie het baie goed verloop - October 22, 2021
Die verhoor wat deur die parlementêre staande komitee oor gesin en geslag die week oor die wettiging van aborsie gehou is, het tot ‘n einde gekom. Die versoek is deur die Voices for Choices and Rights-koalisie gebring. Ndilokelwa Nthengwe van die koalisie het die week so opgesom…
Mosiehof: banke eis 62 onbetaalde lenings op - October 22, 2021
Daar was 141 aansoeke om verstekvonnisse in die mosiehof vanoggend waarvan 19, reël 108 aansoeke was. Kommersiële banke het 62 van die aansoeke gebring in die twee sessies wat deur regter Kobus Miller en die adjunk regterpresident Hosea Angula hanteer is. ‘n Totaal van 13 voertuie is opgeëis met 18 lenings wat ‘n uitstaande waarde […]
NaTIS se probleme opgelos - October 22, 2021
Die probleem by die NaTIS-kantore landswyd is opgelos en die stelsel is weer aanlyn. Dit was vroeër af as gevolg van ‘n kragonderbreking wat skade aangerig het. Hileni Fillemon, woordvoerder van die Paaie-owerheid sê die kwessies is opgelos.
Rundu val inmekaar, water weer af, rommel kan nie gehaal word nie - October 22, 2021
Die wil voorkom asof dienste by Rundu heeltemal uitmekaar uit val. Die dorp se vragmotor wat vullis moet verwyder is reeds vir meer as ‘n maand stukkend. Plaaslike media berig dat strate regoor die dorp vol rommel is met vullishope op die sypaadjies. Intussen is daar reeds drie dae weer nie water op die dorp […]
Solidariteit sat vir ANC rasbeleid - October 22, 2021
Solidariteit in Suid-Afrika sê die ANC-regering moet sy rasse-ideologie laat vaar en mense aanstel op grond van die aansoeker se kennis en ervaring, terwyl ras geheel en al uit die kriteria verwyder moet word. Dit volg nadat die minister van justisie en Korrektiewe Dienste, Ronald Lamola, Martin Kroukamp as senior landdros aangestel het. Die gewese […]
Radisson gaan groen - October 22, 2021
‘n Internasionale hotelgroep wat ook hotelle in Suid-Afrika het, het aangekondig hy is die eerste ter wêreld wat gaan toesien geen vergaderings of ander geleenthede wat hy in sy meer as 400 hotelle sal aanbied, ‘n negatiewe koolstofspoor sal laat nie. Die Radisson-hotelgroep sê hy sal vir elke geleentheid wat in sy deelnemende hotelle aangebied […]