
China is steeds Namibië se grootste uitvoerbestemming - November 4, 2021
China is steeds Namibië se belangrikste uitvoerbestemming, gevolg deur Suid-Afrika en Botswana. Die Namibiese Statistieke Agentskap het bekendgemaak dat meer as 34 persent van Namibiese goedere in September na China uitgevoer is in vergelyking met sowat 22 persent na Suid-Afrika, gevolg deur Botswana, Spanje en Zambië. Suid-Afrika is steeds Namibië se grootste invoermark, met 42 persent wat […]
Parlementstuine: werk steeds 75% voltooi - November 4, 2021
Parlementstuine is steeds gesluit. Aan die begin van Oktober is die media ingelig dat die werk 75 persent voltooi was. Dit is steeds die geval. Vroeër is daar gesê ablusieblokke word opgeknap maar, die heining wat om die tuine opgerig word, is ook steeds nie voltooi nie. Die woordvoerder van die Nasionale Vergadering David Nahogandja…
Pas aan of raak agter – !Gawaxab - November 4, 2021
Die Bank van Namibië het vandag sy 22ste simposium aangebied onder die tema “Namibia Beyond Covid-19: Digital Transformation for Sustainable Economic Development.” Die bank se goewerneur Johannes !Gawaxab sê verandering is die enigste konstante element waarop ons kan staatmaak.
SPYL sê hy skaar hom by die jeug - November 4, 2021
Jong mense sê Namibië is ‘n land waar baie gepraat en min opgetree word. In baie gevalle wil jong mense besighede of projekte begin, maar hulle word met die realiteit getref wanneer hulle ‘n finansiële instelling vir fondse nader. Wat is die taak van jeugligas in Namibië as hulle nie jong mense met hierdie uitdagings […]
Oos-Kaap sal verligting kry die somer - November 4, 2021
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens sê die Oos-Kaap kan bo-gemiddelde reënval verwag in die vroeë sowel as die middel van die somer. Volgens die diens kan dit toegeskryf word aan die La Nina-weerstelsel. ‘n Seisoens-vooruitskatting vir November tot Maart voorspel hoër as normale temperature in die res van Suid-Afrika. Die somer sal natter as gewoonlik wees, veral […]
SA begin misdaad DNS-databasis - November 4, 2021
Misdadigers in Suid-Afrika wat skuldig is aan seksuele misdrywe, roof, mensehandel en strafbare manslag sal dalk binnekort gedwing word om ‘n DNS-monster te verskaf vir ‘n nasionale databasis. Die kabinet het die voorlegging van die Wysigingswet op die Strafreg goedgekeur en aan die parlement vir verwerking oorhandig. Die voorgestelde wysigings maak voorsiening vir ‘n toestel […]
ANC val terug na 45 persent - November 4, 2021
Met 99 persent van die munisipale verkiesing in Suid-Afrika se stemme wat klaar getel is, beheer die ANC 117 van 158 rade. Die party het meer as 4 000 setels en 45 persent van kiesers se ondersteuning. Die DA is tweede met 23 rade in sy sak en 21 persent steun. Die EFF het nie […]
Klimaatsverandering en plaaslike koringproewe - November 4, 2021
Klimaatsverandering is ‘n uitdaging vir verskeie gewasse en sommige kenners meen dat koring die swaarste sal kry omdat die gewas koue toestande nodig het, terwyl mielies redelik hittebestand is. Volgens Gilbert Mulonda, die bestuurder van akkerbou en tuinbou word koring ondersoek maar, die gebied om die Oranjerivier is nie geskik nie, al het die gewas […]
MTC moet opdok vir CRAN - November 4, 2021
Die Namibiese kommunikasie-owerheid, CRAN het vanoggend geslaag in sy appèl in die hooggeregshof teen MTC. Die saak is redelik kompleks maar die kern lê daarby dat CRAN uitstaande heffings van net minder as 100 miljoen Namibiese dollar by MTC geëis. Die wetgewing wat die heffings moontlik gemaak het, is in Junie 2018 deur die hooggeregshof […]
Een 200t blouwalvis, een 1g kril… - November 4, 2021
Die eerste studie wat ooit uitgevoer is op hoeveel baleinwalvisse vreet, is gepubliseer. Baleinwalvisse is filtervoeders en vreet kril wat ongeveer 3,5 sentimeter lank is en ‘n gram weeg. Die kril word deur die kieue, bekend as balein of walvisbaard, ingeneem. Die navorsers het bevind dat die blouwalvis, wat ongeveer 200 ton weeg, 16 ton […]