Sokker-rassis gaan tronk toe - November 4, 2021

‘n Sokkeraanhanger wat ná die Euro 2020-eindstryd rassistiese aanmerkings gemaak het teenoor Engeland se Marcus Rashford, Jadon Sancho en Bukayo Saka, is tot 10 weke tronkstraf gevonnis. Die 52-jarige Jonathan Best het ‘n video op Facebook geplaas waarin hy kwetsend teen die spelers uitvaar ná Engeland se nederlaag in Julie teen Italië by Wembley. Rashford, […]

Read More

Vierde vlaag tref Duitsland - November 4, 2021

Duitsland is in ‘n stryd teen Covid-19 gewikkel met ‘n vierde vlaag van die virus wat hoofsaaklik onder mense uitgebreek het wat nie ingeënt is nie. Meer as 20 000 nuwe gevalle en 194 sterftes is gister aangemeld. Die minister van gesondheid, Jens Spahn, sê intensiewe-sorg-eenhede in die land het nou weer eens ‘n tekort […]

Read More

Wes-Kaap se verkiesingsuitslae-sentrum sluit vanaand - November 3, 2021

Die Onafhanklike Verkiesingskommissie in die Wes-Kaap sê hy behoort sy verkiesingsuitslae-sentrum by Century City teen later vanaand amptelik te sluit. Dit, nadat dit vroeër vandag bevestig is dat meer as 90 persent van die provinsie se stemme reeds getel en verifieer is. Die uitslae vir 24 van die Wes-Kaap se munisipaliteite is ook nou gefinaliseer. […]

Read More

Meer as 700 katarak-operasies verlede maand in Gauteng uitgevoer - November 3, 2021

Die Gautengse gesondheidsdepartement sê meer as 700 katarak-operasies is verlede maand uitgevoer. Dit vorm deel van daadwerklike pogings om die wagtydperk vir dié operasies by verskeie openbare hospitale in die provinsie te verminder. Die departement se woordvoerder, Kwara Kekana, sê een van die presterende hospitale was die Kalafong Tersiêre Hospitaal in Pretoria-Wes, waar 205 katarak-operasies […]

Read More

Namibiese omgewingsminister praat oor erge droogtes by COP26 - November 3, 2021

Die Namibiese omgewingsminister Pohamba Shifeta het vandag by die Klimaatberaad, COP26, in Glasgow gesê Namibië se omgewing is hoogs sensitief en weerloos, met droogtes wat erger en meer gereeld weens klimaatsverandering gaan voorkom. Shifeta het gesê 90 persent van die land is semi-dor, dor of hiper-dor, maar landbou-aktiwiteite word oor 70 persent van die land […]

Read More

Vuurwerke in Drakenstein-munisipaliteit verbode - November 3, 2021

Die Drakenstein-munisipaliteit in die Wes-Kaap sê niemand mag binne sy grense vuurwerke afvuur of toelaat dat dit afgevuur word nie. ‘n Woordvoerder, Riana Geldenhuys, sê die raad wil dit op inwoners se harte druk voor die viering op 5 November. Sy sê die polisie en wetstoepassers sal beslag lê op vuurwerke wat onwettig in enige […]

Read More

Dra môre swart teen geslagsgeweld - November 3, 2021

Die Thursdays In Black-veldtog wil bewusmaking skep vir ‘n wêreld sonder geweld en verkragting. Die veldtog is in die 1980’s deur die Wêreldraad vir Kerke gestig as ‘n vorm van protes teen geweld en verkragting. Dit doen ‘n beroep op plaaslike maatskappye en gemeenskappe om elke Donderdag swart te dra om slagoffers van geslagsgeweld te […]

Read More

Kaapstad se nuwe burgemeester sê hy is opgewasse vir die taak - November 3, 2021

Stad Kaapstad kry ‘n nuwe burgemeester. Die DA-burgemeesterskandidaat, Geordin Hill-Lewis, het ‘n oorwinning behaal met vooruitskattings wat aandui sy party sal sowat 58,5 persent van die stemme inpalm. Hill-Lewis sê hy is wel opgewasse vir die burgemeesters-pos.

Read More

Namibië trots op derde plek in Afrika vir Covid-toetse - November 3, 2021

Die uitvoerende direkteur in die Namibiese gesondheidsministerie, Ben Nangombe, reageer op Namibië wat nou die land in Afrika is wat die derde meeste van sy burgers vir Covid-19 getoets het. Net in Gaboen en Suid-Afrika is meer mense getoets. Nangombe sê dit is ‘n mylpaal waarop Namibië trots kan wees.

Read More

Handelstekort in Namibië styg met 100,2% in September op jaargrondslag - November 3, 2021

Die handelstekort in Namibië het in September met 100,2 persent op ‘n jaargrondslag toegeneem, aangesien die land ‘n handelstekort van 1,6 miljard Namibiese dollar in September 2020 aangeteken het. Die laaste keer dat Namibië ‘n handelsoorskot aangeteken het, was in Junie 2020. Namibië het gemiddeld ‘n maandelikse handelstekort van 2,3 miljard Namibiese dollar gehad. Netto […]

Read More