Shikongo het met die boere gesels - April 19, 2021

‘n Polisie afvaardiging het oor die naweek boere van in die Omitara gebied ontmoet om te gesels oor uitdagings met misdaad, veral veediefstal. Die afvaardiging is gelei die Generaal-Majoor Joseph Shikongo, die Hoof van Nampol se Operasies. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat…

Read More

Kapenaars vat hande - April 19, 2021

Kaapstad se inwoners staan bankvas agter die stad se brandbestryders en humanitêre pogings om hulp te verleen ná die verwoestende brand wat gisteroggend op Tafelberg uitgebreek het. Honderde brandbestryders sukkel om die brand onder beheer te bring terwyl ‘n sterk suidooster pogings belemmer en veroorsaak het dat alle hulp uit die lug uit opgeskort moes […]

Read More

Patrollies op buurland se grense sal verskerp - April 19, 2021

Die Suid-Afrikaanse Departement van Gemeenskapsveiligheid en Skakeling in Mpumalanga sê die polisie en die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag sal sy patrollies by die grense met eSwatini en Mosambiek verskerp om die aantal mense wat die land onwettig binnekom, te beperk. Die Woordvoerder, Moeti Mmusi, sê sedert die Paasvakansie het hulle 350 mense in hegtenis geneem wat […]

Read More

2021 toerisme syfers is swak, maar geen verrassing - April 19, 2021

Die Namibiese Gasvryheidsvereniging het besoekersyfers vir die eerste kwartaal van die jaar bekend gemaak. Besetting is op net onder 20 persent gemeet teenoor 33 persent in dieselfde tydperk verlede jaar en 40 persent in 2019. Volgens Gitta Paetzold, Hoof Uitvoerende Beampte van die vereniging is bemarking nou kritiek…

Read More

Pfizer entstof minder effektief teen SA-variant - April 19, 2021

Nuusagentskappe berig dat die Suid-Afrikaanse variant van Covid deur die beskerming wat die Pfizer-entstof teen die virus bied, kan breek. ‘n Studie is in Israel uitgevoer op 400 pasiënte wat Covid opgedoen het na hulle ingeënt is met die Pfizer entstof. Intussen het Britse wetenskaplike die week ‘n nuwe proef van stapel gestuur waar pasiënte […]

Read More

Vermeende stroper wie se makker doodgetrap is, sal in hof verskyn - April 19, 2021

‘n Man van 52 sal vandag in die Bushbuckridge Landdroshof in Mpumalanga verskyn op klagte dat hy die Krugerwildtuin onwettig betree het. Hy was saam met ‘n groep vermeende stropers wat gevlug het toe veldwagters wat op ‘n roetine-patrollie was op hulle afgekom het. Hulle het binne ‘n groep olifante ingehardloop en een man is […]

Read More

Haihambo se afsterwe los leemte in onderwys - April 19, 2021

Die President van die Namibiese Nasionale Onderwysers Unie, Nantu, Thomas Haihambo is oorlede. Die Sekretaris-Generaal van die Nasionale Unie van Namibiese Werkers Job Muniaro sê hy was ‘n vakbondleier wat werklik omgegee het vir onderwys.

Read More

Noa sal in Mei aansoek doen om borg - April 19, 2021

Die borgverhoor van Dennis Noa, die leerlingdokter wat op klagte van sodomie in hegtenis geneem is, sal op 14 Mei in die Katutura Landdroshof aangehoor word. Luidens die jongste berigte is daar nuwe verwikkelinge in die saak en die Staat het aangedui dat ‘n ondersoek eers voltooi moet word. Noa se regsverteenwoordigers stem saam. Indien […]

Read More

Jongste oor brand in die Kaap - April 19, 2021

Die verwoestende brand in Kaapstad woed steeds voort en Fritz Platt, Kosmos 94.1 Nuus se Korrespondent in die Kaap het die jongste…

Read More

Gesondheid kyk na naweek-inentings - April 19, 2021

Daar is klagtes deur lede van die publiek dat inenting teen Covid nie oor naweke plaasvind nie. Dit verhoed talle persone, wat nie in die week af kan kry nie, om hulle spuite te ontvang. Volgens die Uitvoerende Direkteur in die Namibiese Ministerie van Gesondheid, Ben Nangombe, is dit ‘n belangrike kwessie wat aangespreek moet […]

Read More