
Gasvryheidsvereniging van Namibië is hoopvol vir toerismesektor - October 21, 2021
Die Gasvryheidsvereniging van Namibië het hul toerismeverslag vir die derde kwartaal bekend gemaak wat ‘n bedbesetting van 19 persent aandui, vergeleke met net minder as agt persent verlede jaar. Dit is minder as ‘n derde van die byna 65 persent wat voor die Covid-pandemie in 2019 bereik is. Die uitvoerende hoof, Gitta Paetzold, sê die […]
NVG bekommerd oor Zuma se klag teen hoofaanklaer - October 21, 2021
Die Nasionale Vervolgingsgesag het sy kommer uitgespreek oor oudpresident Jacob Zuma se besluit om strafregtelike aanklagte teen die hoofaanklaer in sy korrupsieverhoor in te dien. Zuma beskuldig Billy Downer daarvan dat hy die Wet op die Nasionale Vervolgingsgesag oortree het omdat hy glo inligting oor sy gesondheid aan die media uitgelek het. Die NVG sê hy sal die oppergesag van die […]
Vervoerkoste sal korttermyn inflasie in SA aanvuur - October 21, 2021
Die Momentum Makro Navorsingspan sê hoër vervoerkoste sal na verwagting korttermyn inflasie in Suid-Afrika aanvuur. ‘n Ekonoom, Sanisha Packirisamy, sê motorversekering, openbare vervoerkoste en huuruitgawes is grootliks verantwoordelik vir die maandelikse styging in die verbruikersprys-aanwyser. Sy sê brandstofinflasie het jaar-op-jaar met 19,9 persent gestyg en sal na verwagting verder styg weens hoër internasionale oliepryse te midde van die wêreldwye energiekrisis. Sy meen inflasieverwagtinge kan die Suid-Afrikaanse […]
Namibië Toerismeraad gaan reddingsboei van N$8 miljoen kry - October 21, 2021
Die Namibië Toerismeraad, NTB, gaan ‘n reddingsboei van agt miljoen Namibiese dollar van die toerismeministerie ontvang om hulle in bedryf tot Maart 2022 te hou. Die uitvoerende hoof van die raad, Digu //Noabeb, het einde September aan Kosmos 94.1 Nuus gesê NTB sal slegs tot November fondse hê om salarisse aan sy personeel te betaal. Hy het gesê met die toerismesektor wat tydens die Covid-pandemie ineengestort het, […]
Stad Tswane vra ondernemings om opskiet-inentingsplekke op persele te vestig - October 21, 2021
Die Stad Tshwane doen ‘n beroep op ondernemings met 50 of meer werknemers om saam te werk met die stad en die Gautengse departement van gesondheid om Covid-19 opskiet-inentingsplekke op hul persele te vestig sodat werknemers en ander lede van die publiek ingeënt kan word. Dit vorm deel van ‘n poging om ‘n moontlike vierde […]
Fidentia se Arthur Brown op parool vrygelaat - October 21, 2021
Die voormalige eienaar van die omstrede finansiële dienste-onderneming, Fidentia, Arthur Brown, is vanoggend op parool vrygelaat. Hy is in 2014 tot 15 jaar tronkstraf gevonnis nadat hy skuldig bevind is op twee aanklagte van bedrog. Fidentia, wat intussen ontbind is, is beskuldig van die wanbestuur van meer as een-miljard-rand van Living Hands Umbrella Trust, wat moes gaan na die weduwees en […]
Numsa vergader oor staking - October 21, 2021
Die metaalwerkersvakbond, Numsa, hou vanmiddag ‘n nuuskonferensie in Boksburg, Gauteng, om die besluit oor die staking in die ingenieursbedryf bekend te maak wat op ‘n spesiale vergadering van sy nasionale uitvoerende komitee geneem is. Die staking duur reeds sestien dae. Die komitee het beraadslaag oor die finale aanbod van die werkgewers-liggaam, SEIFSA, vir ‘n verhoging van […]
Covid-imperkings het impak op styging in tienerswangerskappe - October 21, 2021
Die Covid-inperkings het ‘n impak op styging van tienerswangerskappe gehad. ‘n Kliniese sielkundige in die onderwysministerie, Ayesha Wentworth, sê tydens die inperkings was daar ‘n gebrek aan voorbehoedmiddels. Volgens ‘n verslag het Namibia verlede jaar 3 683 tienerswangerskappe gehad en 2 348 meisies het die skool verlaat. Wentorth sê egter dié syfers kan baie hoër […]
Veldtog teen mensehandel in Noordkaap - October 21, 2021
Die Suid-Afrikaanse minister van maatskaplike ontwikkeling, Lindiwe Zulu, en die Noord-Kaapse LUR vir maatskaplike Ootwikkeling, Nontobeko Vilakazi, het op ‘n tweedaagse veldtog teen mensehandel en geslagsgeweld in Upington vertrek. ‘n Woordvoerder, Lumka Oliphant, sê die gebied langs die N14 word beskou as ‘n bron en deurgang vir mensehandelsindikate omdat dit die provinsie met die Oos-Kaap, […]
Namibië het ook slanginligtingsentrum - October 21, 2021
Die Namibiese slangkenner Francois Theart sê Namibië het soos die Wes-Kaap ‘n slanggif inligtingshulplyn. Die direkteur van die Tygerberg-gifinligtingsentrum, Carine Marks, sê daar is in ‘n vyf jaar tydperk 1 411 oproepe oor slangbyte ontvang. Theart sê plaaslik bestaan die Namibia Snakebite Interest-groep uit ‘n groep dokters wat kenners op slang- en spinnekopbyte is.