Haïti steier reeds onder VSA-reisverbodJune 9, 2025
Amerikaanse president Donald Trump se nuwe reisverbod tree vandag in werking en Haïti steier reeds onder die impak. Die land is oorval deur bendes en is afhanklik van internasionale hulporganisasies te midde van sy humanitêre en veiligheidskrisis. Met geweld wat daagliks uitbrei is daar talle inwoners wat nie sal kan vlug na die VSA nie. Die nuwe verbod herroep nie visums wat voorheen uitgereik is nie maar, tensy ‘n aansoeker egter aan die noue kriteria vir ‘n vrystelling van die verbod voldoen, sal aansoeke vanaf vandag verwerp word.