Aanstelling van jeugdiges is nie nuut nie – analis

Reaksie word ontvang op die aanstelling van 22-jarige Patience Masua, tans die Voorsitter van die SAOG Jeugforum as parlementslid vir Swapo sonder stemreg. Masua vervang die voormalige Minister van Verdediging Peter Vilho wat vroeër uit sy pos bedank het. Dr Phanuel Kapaama, ‘n Politieke Ontleder sê dit is nie die eerste keer wat ‘n jong persoon in ‘n senior Swapo pos aangestel word nie.